Om te gee…

Met die dat ek in die Kalahari was om 120 skape te gaan haal vir ons gemeente se Basaar, het ek baie begin dink oor die beginsel van gee…  Die eienaars van Mosplaas (4 van hulle) gee 120 Lammers vir ons gemeente vir die afgelope klomp jare al.  En ek sien hoe seën die Here hulle.  Eintlik het dit begin met een van die eienaars wat gesê het die Here het die plaas met 120 mm. reën geseën en hulle wil dankie sê deur 120 lammers te gee.  wat ‘n inspirasie!

Nou kom die vraag waarmee ek worstel.  Hoekom gee hulle so baie?  en Seën die Here hulle omdat hulle gee en nie die ander omdat hulle nie gee nie?
Die ding is ek het al in die lewe agtergekom dat dit altyd belangrik is om die regte vrae te vra.  Ek dink nie die 2 vrae wat ek hierbo vra is goeie vrae nie.  Want sien, as jy hierdie vrae vra, gaan dit oor jouself.  Jy kan nie gee en dink wat daarin is is vir jou nie, want, dan is dit nie gee nie…
Ek preek hierdie naweek oor hierdie issue, so ek wil nie in te veel detail ingaan nie.  Wat ek wel wil sê is dat ek dink gee, is deel van ‘n kind van die Here se wese.  Jy gee vanuit wie jy is.  God is nie in die ontvang besigheid nie, Hy is in die gee besigheid.  As ons sy kinders is wat na sy beeld geskape is en die Heilige Gees wat in ons woon maak ons meer soos Jesus, gaan ons gedring voel om te gee.

Jesus het sy hart, sy hele lewe vir ons gegee…

2 Korintiërs 8:9 (AFR1983)

9Julle ken die genade van ons Here Jesus Christus: hoewel Hy ryk was, het Hy ter wille van julle arm geword, sodat julle deur sy armoede ryk kon word.

Author: Henri Meyer (vdm)

Ek is 'n doodgewone outjie in Mosselbaai wat die Here wil dien met my lewe...

3 thoughts on “Om te gee…”

  1. Hi Henri sal jy asb na sondag se preek jou preek vir my kan mail asb (leonetvanniekerk@vodamail.co.za). Groete Leonet

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: