As jy Karig saai sal jy karig oes en as jy volop saai sal jy volop oes sê die woord(2 Korintiërs 9:6).
So ‘n paar jaar gelede het ek die voorreg gehad om Israel te besoek, man dit was ‘n amazing experience. Ma ek wil nie nou eintlik daaroor praat nie, waaroor ek wil praat is die argument waarin ek daar betrokke geraak het met ‘n mede Christen. Die stryery het gegaan oor die gedeelte in die Bybel wat sê: wat jy saai sal jy maai. Die betrokke persoon het gesê dat as jy vir die Here gee dan gee Hy weer vir jou terug. “Sê nou maar;” sê hy vir my; “as jy R1 000 ‘saai’ dan sal die Here vir jou ‘n ‘oes’ gee van R10 000.” Ek het nie daarvan gehou nie, “ek dink dit werk bietjie anders” het ek gesê. Die persoon het verder gegaan en gesê dat iemand hom gevra het of hy van sy netto inkomste moet gee vir die werk van die Here, of van sy Bruto inkomste. Wel was die antwoord, “wil jy ‘netto’ geseën word, of wil jy ‘bruto’ geseën word?”
Ek sien die sakie heeltemal anders. Ek dink 2 Korintiërs 9:6 wil vir ons sê dat God ‘n oes sal oplewer as ons saai in sy Koninkryk. Kom ek noem ‘n voorbeeld. Jy gaan elke Vrydag by ‘n tannie in die ouetehuis tee drink. Oor tyd sien jy hoe die tannie na jou besoeke begin uitsien en jy en die tannie kry groot seën daaruit en God se naam kry die eer.
Nog ‘n voorbeeld: Jy werk baie hard in jou besigheid vir jare, oor tyd groei jou besigheid en raak jy suksesvol. Op hierdie manier is jy versorg en kan jy bydra tot God se Koninkryk.
Jy kan jou geestelike lewe seker op ‘n manier soos ‘n Boerdery sien. Stoot al jou saad in die land in (so by the way die saad kom alles van God af). Met ander woorde leef met passie vir die Here. Die Here sal ‘n groot oes laat opkom tot sy eer!
2 Korintiërs 9:10 (AFR1983)
God wat saad verskaf om te saai en brood om te eet, sal ook aan julle saad gee en dit laat groei en julle vrygewigheid ’n ryk oes laat oplewer.
Die persoon van wie jy hier praat, verkondig die welvaartsteorie. Ek stem nie saam nie. Wat gaan daardie persoon doen wanneer hy skielik sy werk verloor, kanker kry of ‘n geliefde aan die dood moet afstaan? Dan val die idee van verdienste skielik plat? Ons kan niks verdien nie. Nee, alles is genade. So glo ek. Volgens Ef 2:8-9. Maar uit dankbaarheid wil ons graag dien – dit kan op verskillende maniere wees en nie noodwendig deur geld te gee nie.
LikeLike
Marie net soos jy daar se…
LikeLike