Waaroor het ek nou eintlik beheer?

20160609-153416.jpg

Nou ja toe, daar slaap ek toe nou gisteraand omtrent niks nie. Al waaraan ek kan dink is dat my fiets en bagasie te swaar en te groot gaan wees om op die vliegtuig te kom. Hulle sê mos nou baie mooi, jy mag net 30 kg vat op Emirates. En as jy jou bagasie se hoogte, breedte en lengte bymekaar plus mag dit nie meer as 300 cm. wees nie.
Myne weeg meer as dertig en is groter as 300 cm. Daar lê ek toe die hele nag deur en worry. Hoe sê die liedjie? “Don’t worry be happy…”. Dis maklik vir hom om te sê hy klink buitendien soos ‘n Rasta wat nie mooi verstaan van worry en fietsry en so aan nie. En dit terwyl ek my beauty sleep nodig het voor my groot tog in die Pyrenee berge.
Dis toe dat ek weer beleef hoe die Here op sy geduldige liefdevolle manier my weer herhinner aan ‘n ou waarheid. Fokus op dit wat jy kan verander en los die res vir God. Of soos Francis van Assisi gesê het: “Heer help my om te aanvaar wat ek nie kan verander nie. Om te verander wat ek kan en vir wysheid om die verskil te ken.”

In Handelinge 12 word die verhaal vertel van Petrus wat in die tronk is. Sy situasie is redelik benard. Hy word deur vier afdelings van vier soldate elk bewaak. Hy was verder met twee kettings geboei en by die deur was daar ook nog twee wagte.
Meteens staan daar ‘n Engel in die tronksel. Net so terloops die tronksel was eintlik maar net ‘n gat in ‘n rots met strooi op die vloer en ‘n emmer in die hoek. Daar skyn ‘n helder lig in die sel. Skielik val die kettings van sy hande af en die engel sê vir hom hy moet opstaan en agter hom aanloop. Die deure en hekke van die tronk het oopgegaan. Petrus het hom in die straat buite bevind en die Engel het verdwyn.

Ek sien in hierdie verhaal dat daar dinge was waaroor Petrus beheer gehad het en dinge waaroor hy geen beheer gehad het nie. Hy kon niks doen aan die kettings waarmee hy geboei was of die deure wat gesluit was nie. Maar toe die kettings afval moes hy self opstaan en agter die Engel aanloop. Die deure het oopgegaan. Buite in die straat het die Engel hom verlaat en moes hy self besluit: waar gaan ek nou heen?

Jy sien, dit wat Petrus self kon doen moes hy doen, maar dit wat hy nie self kon doen nie, het God vir hom gedoen…

Dit bring my terug by my slapelose nag. Ek het gelê en worry oor goed waaroor ek geen beheer het nie. Dom né? Hier sit ek nou by die lughawe en alles is ingeboek en fine. Is God nie goed nie? Ja Hy is? Daar sien ek dit toe nou weer.

“…nou besef ek eers regtig dat die Here sy engel gestuur het om my uit die hande van Herodus te red…”

20160609-153431.jpg

Author: Henri Meyer (vdm)

Ek is 'n doodgewone outjie in Mosselbaai wat die Here wil dien met my lewe...

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s