Barcelona

Nou ja toe, wat sal ek sê van my week in Spanje? Wat ek kan sê; is dat hierdie plek regtig baie hoë berge het. (ek moes daaroor trap met my fiets). Die mense is vriendelik. Hulle eet brood en salami of parma ham. Ek het mos eintlik hiernatoe gekom om die Transpyr Gran Raid bergfiets wedren oor 7 dae te ry om geld in te samel vir ons Jeugfonds.
Eintlik wil ek nou oor iets anders praat. Vandag was ek alleen in Barcelona. Ek het twee “God moments” gehad. Die eerste was toe ek by die Barcelona Katedraal instap. Wel eintlik het ek na die Picasso museum gaan soek en toe strompel ek per ongeluk oor hierdie ongelooflike Katedraal. Ek weet eintlik niks van die plek af nie. Wil nog gaan oplees as ek weer ‘n Internet konneksie het. Die Katedraal moes honderde jare gevat het om te bou. Gewoonlik hou ek nie baie van Katedrale nie. Ek hou oor die algemeen nie van godsdiens nie, ek hou en is lief vir Jesus en God my Vader en die Heilige Gees.
Maar wat my nou eintlik oor hierdie Katedraal laat gesels is; ek het daar binne gestaan en na die ongelooflike gotiese dak gekyk wat jou oë hemelwaarts dwing. Die mense se respek vir die gebou “haal jou hoed af, sê die man by die deur,” en as ‘n vrou se skouers wys moet sy ‘n serp omsit. Wat het hierdie mense gedryf om hierdie asemrowende gebou te bou? Vra ek myself? Ek het so rondom my gekyk en wat ek gesien het was liefde en eerbied vir God my Heer. Elke skildery wys ‘n gesig wat in eerbied hemelwaarts staar. ‘n Gesig wat na Jesus aan die kruis staar. Hierdie gebou was mense se manier om vir God te sê “Ons is lief vir U! So lief dat ons geen moeite gaan ontsien nie. Ons gaan ons beste gee en vir U die mooiste Katedraal ooit bou.” Ek waardeer U ook my God, miskien is dit hoekom ek dit sien….

Die tweede ding wat gebeur het was my Taxi rit na die lughawe. Ek was net so op na die Transpyr dat ek nie kans gesien het om my fiets en bagasie op en af van die trein te tel nie. (al is dit nie eers ver nie). Wel die Taxi bestuurder is toe ‘n Indiese man. Hy vra my of mense in Suid Afrika Christene is. Ek sê ja. Ek sit voor langs hom en bid en vra my Vader om my iets te gee om vir hom te sê. Ek vra toe maar watter geloof hy is. Hy sê hy is ‘n Sjiek Hindoe. ( hoop ek het daai sjiek reg gespel). En toe kom dit; nog ‘n “God moment”. Avatar (ja soos die fliek en dis regtig sy naam) vra my wat ek doen vir ‘n lewe. Wel sê ek vir hom. Ek is ‘n “Priest”. Dit help nie ek sê vir hom eks ‘n dominee nie, hy het nie ‘n clue wat dit is nie. En daar kan ek toe vir hom sê “God loves you very much. He loves you so much that he sent his Son to die for you.” en ek sien hom glimlag en ek voel sy hart warm word en ek voel my hart warm word en ek weet God was nou net tasbaar hier!

20160621-075639.jpg

Author: Henri Meyer (vdm)

Ek is 'n doodgewone outjie in Mosselbaai wat die Here wil dien met my lewe...

One thought on “Barcelona”

  1. Herman Ungerer ons is geweldig trots op jou en so dankbaar vir die werk wat jy doen weet vir seker dat jy en jou geliefdes in ons gebede is.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: