Partymaal is dit goed om kwaad te word. Jesus was eenmaal kwaad, regtig kwaad. Jy kan maar self daaroor gaan lees in Johannes 2. Mense het van heinde en verre gekom om die Paasfees te kom vier. Hulle het kom offer en God die eer gegee vir hulle bevryding uit Egipte. Dit was ‘n “Big Deal!” Jode het van oral oor gekom om hulle geld in die kollekte bordjie te kom gooi by die Tempel. Maar ook, om diere te kom offer.
Daar was egter twee redelik praktiese probleme: die eerste was dat die mense daar met allerhande snaakse geld aangekom het, sê nou maar Euros, Ponde en Dollars. Die Tempel het sê nou maar in Rande gewerk (eintlik in Joodse Scheckles), so nou het mense sommer die aanbidders gehelp om hulle geld om te ruil. Baie “nice” van hulle né.
Verder het die aanbidders gekom en diere geoffer. Die wet het gesê dit moet ‘n dier wees sonder liggaamsgebrek. Nou in plaas daarvan om jou skapie daar vêr in Amerika op die vliegtuig te sit en met hom 15 ure op jou skoot te sit. Of in hulle geval drie dae saam te dra op jou nek. Bring jy sommer geld en dan koop jy vir jou enetjie sonder ligaamsgebrek, sommer net daar by die Tempel. Alles baie prakties en baie “nice.” Hierdie diens was sommer daar by die Tempel beskikbaar in die voorhof waar die “heidene” kon aanbid. Man hulle het aan alles gedink.
Maar Jesus is kwaad! So kwaad dat hy ‘n sweep maak van toutjies en die mense daar uitgeboender het. Hoekom? Sy presiese woorde was: “Vat hierdie goed hier weg! Moenie die huis van my Vader ’n besigheidsplek maak nie.”
Ek dink dat dit baie te doen met Jesus se woorde in Matteus 6:20. Hy sê ons moet vir ons skatte in die hemel bymekaar maak. “Want,’ se Hy “daar waar jou skat is, daar sal jou hart wees.”
Okay, kom ons kom terug by Jesus se kwaad word. Jy sien ek dink wat Jesus hier gedoen het, is om die geestelike dinge. Die dinge wat belangrik is, die skatte in die hemel; te beskerm. Jesus wil sê deur sy woede. Veg vir die geestelike goed. Jesus sê, dit gee nie om hoe prakties ‘n ding lyk of hoe ‘n goeie idee dit nou eintlik is nie. Skatte in die hemel, God se dinge is altyd die belangrikste.
En wat is dit…? Skatte in die hemel? Dit laat my dink aan Kollosense 3:2 2Rig julle gedagtes op die dinge wat daarbo is, nie op die dinge wat op die aarde is nie, 3want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God.