“Wise Fool”

So, toe kom die ding van die “wise fool” oor my pad.  Ons is ‘n paar predikante wat gaan stil word in Knysna by Diepwalle.  Daar vra Pierrie Goosen toe vir ons:  Hoe sien jy jou eie roeping?  Soos ‘n “Wounded healer?”, ‘n Herder met ‘n kudde? of miskien soos ‘n “Wise Fool.”  Net daar sit hy my toe op ‘n ontdekkingstog om uit te vind wat dit beteken? Wat is ‘n “wise fool?”

1 Korintiers 4:10 in die New Kings James Version sê:  “We are fools for Christ’s sake…” In die Afrikaanse vertaling staan daar:  “Ons is dwaas ter wille van Christus…”  en kyk bietjie hierna:  1 Korintiërs 3:18 (AFR1983) 18Niemand moet homself mislei nie. As een van julle dink dat hy volgens die maatstaf van hierdie wêreld ’n wyse man is, moet hy dwaas word sodat hy werklik ’n wyse mens kan word…”

‘n “Wise fool” is dus iemand wat in God se oë wys optree maar nie in die wêreld se oë nie.  Dink maar aan die ryk Jongman in Lukas 18.  Jesus sê vir hom hy moet alles verkoop en agter Hom aankom.  Wat!  Kan mos nie wees nie!  Die hele idee is mos om bymekaar te maak op hierdie aarde?  Nou sê Jesus ons moet alles weggee.  Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar sê Jesus.

Twee van ons Lidmate Johan en Este de Nuyschen het so twee of drie jaar gelede alles net so in Mosselbaai gelos en Panama toe getrek, om daar vir die mense van Panama van die Here te gaan vertel.  Hulle leef daar in armoede, dit gaan partymaal baie swaar.  Hoekom doen hulle dit?  Is hulle “fools?”

Maar dit is eintlik my vriend Gerrie wat my regtig aan die dink gesit het.  Hy het sy vinger so na my gewys en gesê:  “Jy is ‘n wise fool…”  Is ek?

Buzz Lightyear het gedink hy is ‘n “Space Ranger.”  Hy was ‘n bietjie koekoes.  Moet kinders van die Here koekoes wees?

Image result for you are a

Jy sien ek sien die saak so.  Partymaal dink ek Christene kan net eenvoudig “fools” wees.  Mense kom na jou met die eienaardigste dinge in die naam van hulle geloof.  Die Here sê vir my dit en die Here sê vir my dat sal hulle vir jou sê.  En hoe stry jy daarmee?

Jy moet versigtig wees om die twee woorde uitmekaar te haal.  “Wise”en “Fool.”  As jy net “wise” is…  Wel ons ken mense wat dink hulle is “wise” né.  As jy net ‘n “fool” is.  Ek hoef seker nie meer te sê nie.

Ek wil jou vertel van van Fransiscus van Assisi.  ‘n Man wat in die Middeleue geleef het.
Suksesvol in die wéreld se oë.  ‘n Ryk jongman.  God het hom toe gevang en hy kom tot bekering.  Hy gaan verkoop alles wat hy het en lê ‘n eed af dat hy nooit weer iets sal besit nie.  So is die orde van die Mindere Broeders gestig.  Hulle besit niks en maak bymekaar om die armes te help.  Jy het hulle miskien al gesien, hulle dra sulke lang bruin rokke, met ‘n tou om die middel en sandale aan.  Regte “Wise Fools…”

Fransiscaanse Monnikke

Dan is daar natuurlik die Kruis van Christus.  Iets wat in die wêreld se oë ‘n skande, ‘n dwaasheid, ‘n elende is.  Net “fools” hang aan ‘n kruis, sal hulle sê…

 

Sien ook:  http://blog.adw.org/2010/01/on-being-a-fool-for-christ/

Author: Henri Meyer (vdm)

Ek is 'n doodgewone outjie in Mosselbaai wat die Here wil dien met my lewe...

2 thoughts on ““Wise Fool””

  1. Jy is baie reg Henri. Soms as ons “wise fools” is dan dink die wereld ons is fools. Wat dink jy? Hoe kan jy? Dit maak nie sin nie! Vir die wereld nie. Vir God ja. Ek moes n belanrike besluit neem gaande ons gesin en my werk… Ekt n blink geleentheid om bajaaaaa geld te kan maak…ten koste van tyd met my gesin. Maar Jesus het gese “Slow down- chase moments not money” Hyt iets op my pad gebring wat nie sin maak nie… Maar wat my gaan laat slow down and smell the roses. Ek mis uit op my dogtertjie. Ek is tog so ongelooflik dankbaar God ken my beter as wat ek myself ken. Maggies ek sou al baie droog gemaak het as dit nie vir dit was nie. Ek wil eerder n “wise fool” wees al beteken dit ek mis uit op die wereld se goed. Dit vergaan eendag. Ons gesinne nie. Dis al wat ons saam ons hemel toe kan vat! 😉

    Like

Leave a comment