Nou ja toe so ‘n ruk terug toe hoor ek hierdie nuwe woord. Dit kom van Grieks af. “Perigorese” is die woord. Dit beteken die dans van God…
Kom ek verduidelik. Aan die begin van die wêreld, toe daar nog niks was nie. Het God gedans. Die Vader Seun en Heilige Gees het met mekaar gedans. Verstaan nou mooi; ek praat met groot eerdbied en respek oor dinge waarvan ek eintlik bitter min weet. Ma bare with me…
Die Vader, Seun en Heilige Gees is elkeen ‘n eie persoon. Elkeen het ‘n unieke en wonderlike verhouding met mekaar. Daar is perfekte harmonie, liefde, eerbied, respek en al die ander dinge wat ek nie in woorde kan uitdruk nie tussen hulle. Mike Reeves sê dit mooi: “The triune God is the love behind all love, the life behind all life, the music behind all music, the beauty behind all beauty.”
God maak toe die mens om deel te word van hierdie dans. God maak die mens in sy beeld. Hy maak ons om soos Hy te wees. Om soos die vader Seun en Heilige Gees te wees. Om ‘n verhoudingswese te wees, om na buite lief te hê. Te hunker daarna om liefde te gee. Dis geen wonder Adam het gehunker na Eva nie… Adam en Eva en die Vader en die Seun en die Gees dans in perfekte harmonie met mekaar.
Maar! Toe kom die duiwel. En hy dans dat die stof so staan soos my liewe Ouma altyd gesê het. Die slang vertel vir hulle dat hulle eintlik met hulleself moet dans! En daar is die harmonie, die perfekte liefde, eerbied, respek tussen God drie-enig en die mens versteur. Die dans is nie meer lekker nie! Ek wonder of ‘n mens kan sê daar is ‘n dans met die duiwel. Is dit nie eerder ‘n verkrag nie?
Maar! God bly hunker. Hy wil in Harmonie met ons wees. Hy wil met ons dans. Want, dit is wie God is. (Weereens sê ek dit met groot respek.) God die Seun kom aarde toe. Hy kom sodat God rie-enig weer deel kan raak van ons, al is dit gebroke. God die Seun kom deel in ons pyn en swaarkry sodat Hy ook kan deel in ons liefde, lewe en vreugde. God die Heilige Gees kom gebruik ons verhouding met God drie-enig om ons te wys hoe om in verhouding te staan met die mense. Of anders gesê die Vader, Seun en Gees kom dans met ons sodat ons weer kan weet wat dit is om met die wêreld te dans! God drie-enig wil hê ons moet met die wêreld dans, saam met Hom. Want Hy dans klaar met die wêreld. Almal weet dit net nie. Maar ons weet!
En dan eendag, ja eendag! Kom Jesus terug en dan is dit die Bruilof van die Lam en dan gaan ons dans en dans en dans…
Dankie Henri. Goeie preek. Ek verstaan maar dink eerder God sal slegs in harmonie wees met ons in die nuwe Jesusalem na die finale oordeel waar almal sondeloos is. Ek glo dat God heilig is en daarom kan hy nie met ons sondige wereld “dans” nie. Die dans of eensgesindheid tussen Vader, Seun en Gees is vir my beduidend anders as met ons as sondige mense. Hoewel Jesus in ons wereld mens geword het was hy nooit “van die wereld” nie en slegs aan die kruis was hy van God verlate. Agv die sondeval is ons pad terug na God toe is net deur sy liefde vir ons deur Jesus as ons middelaar. Ons kom wel meer in “ritme” met hom as ons toelaat dat sy Heilige gees ons lewens beheer. Ek wonder ook of God met almal wil dans volgens die uitverkiesing. Vir my is daar duidelike verskille in die rolle van die drie eenheid en dat ons elke lid van die eenheid moet beskou volgens die rol wat God aan ons bekend gemaak het.
LikeLike
Lees die woorde van Jesus hier in Mat 16 om te sien waarom ek so so…
Toe Jesus in die streke van Sesarea-Filippi kom, het Hy vir sy dissipels gevra: “Wie, sê die mense, is die Seun van die mens?”
14
Hulle antwoord: “Party sê Johannes die Doper, party Elia, party Jeremia of een van die profete.”
15
“Maar julle,” het Hy gevra, “wie, sê julle, is Ek?”
16
Simon Petrus het geantwoord: “U is die Christus, die Seun van die lewende God.”
17
“Gelukkig is jy, Simon Barjona,” het Jesus vir hom gesê, “want dit is nie ‘n mens wat dit aan jou geopenbaar het nie, maar my Vader wat in die hemel is…
LikeLike