Hoekom bid ek…

Ek moet Sondag preek oor Huisgodsdiens.  Ja, dis reg Huisgodsdiens.  Doen mense dit nog?  Hoe lyk dit?  Wel die hele ding het my alweer op ‘n reis gesit.  Ek het besluit dit kan ‘n goeie tyd wees om te kyk hoe Jesus gemaak het.  En wat ek agter gekom het, is dat Jesus gereeld alleen eenkant geraak het en met sy Vader gepraat het.  (Lukas 6:12-13; Lukas 9:18; Lukas 9:28-29; Lukas 11:1; Matteus 14:23; Markus 1:35; Markus 6:46.)

Jesus is in verhouding met sy Vader en die Vader is in verhouding met Hom en die Gees is in verhouding met Jesus en met die Vader en Jesus weer met Hom.  Kyk maar gerus na my vorige Blog inskrywing oor Perigorese.

Nou ja toe, daar bel ek toe my Dominee/sendeling vriend Kobus van Zyl en vra vir hom hoe hy die hele sakie sien.  Hy verwys my toe na sy nuwe boek wat Sondag vrygestel word met die gepaste titel “Gebed”.  Hy vra in die boek die volgende vraag:  “Sal jy steeds bid as jy weet God gaan nie een van jou gebede beantwoord nie?”  Hy skryf in sy boek dat dit ‘n onbillike vraag mag wees.  Ek wil eintlik sê ek dink dis ‘n goeie vraag.  Dit laat mens bietjie dink oor hoekom jy bid?  Kobus sê as jy nee antwoord is die kanse goed dat jy een van die diepste waarhede van gebed dalk nog nie gesnap het nie.  Hy sê dat hy sal aanhou bid selfs al beantwoord God nie een van sy gebede nie…

Nou hoe werk dit?  Ek dink Kobus wil ‘n punt maak hier.  Hy wil sê dat gebed nie gaan oor om te kry nie.  Dit kan nie gaan oor ons “shopping list” wat ons voor God bring nie.  Dit moet ten diepste gaan oor ‘n verhouding.  Die Drie eenheid; Vader, Seun en Heilige Gees nooi my om saam met hulle te dans…

Gebed kan nooit gaan oor wat ek daaruit kan kry nie.  ‘n Soort gebeds transaksie noem Kobus dit.  Dit kan nie so werk nie.  Nee, gebed gaan oor dankbaarheid, en die voorreg om ‘n God te hê met wie ek kan praat.  Natuurlik beantwoord God ons gebede, maar dit maak Hom en ons verhouding met Hom net nog meer merkwaardig.

Dit is dan geen wonder dat Jakobus sê:  “Die gebed van ’n gelowige het ’n kragtige uitwerking.”   (James 5:16 AFR1983)

 

Author: Henri Meyer (vdm)

Ek is 'n doodgewone outjie in Mosselbaai wat die Here wil dien met my lewe...

2 thoughts on “Hoekom bid ek…”

  1. Komunikasie is deesdae iets wat nie sommer gebeur nie. ‘ Tweerigting gesprek raak n
    luukse. Elektronika vereis nie altyd ‘n antwoord nie- Gebed is vir my kommunikasie in afhanklikheid van God my Vader. Om by hom stil te raak laat my beleef en hoor wat My Vader se wil is. Uiteindelik gaan dit dan oor wat ek begin raaksien as ek in en uit dankbaarheid in gebed met God praat en ook hoor wat hy seen sien wat hy vir my uitwys. Dis maar uiters eenvoudig, maar dis hoe ek dit verstaan.

    Like

  2. Ek moet saamstem dat ons lewens eintlik permanente toewyding is aan ons geestelike roeping en as ons so lewe ons gereeld “wow moments” het. Kennis van die Woord is noodsaaklik vir ons geestelike groei aangesien ons meer en meer eenvormig wil word aan Jesus as voorbeeld. Vir my is daar egter oneindige soeke na geestelike waarhede en n formele studie van die Woord en Kennis daarvan. Ek vind my begrip en insig gebrekkig om die woord in diepte te verstaan so ek waardeer om na preke te luister wat woord in konteks verduidelik. Jesus leer ons om te bid en die verheerliking van ons Vader is die kern van ons gebede ” Laat U koningkryk kom”, so ja ons kan nie verwag dat ons gebede verhoor word, tensy ons die wil van ons Vader bid nie. In nabetragting dink ek aan Daniel wat drie keer per dag met oop vensters gebid het te midde van vervolging. Hy het volkome op God vertrou in alle omstandighede en so moet ons ook lewe.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: