God se wil…

Elke Vrydag oggend kom ons Wild@heart manne groep bymekaar.  Vanoggend vra een van die manne ‘n baie goeie vraag:  “Wat is God se wil…”  Nou ja toe dit is waaroor ek so ‘n bietjie wil skryf vanoggend.

Jy sien mense verwar partymaal God se wil met hul eie wil.  Kom ek noem ‘n voorbeeld:  Iemand kom na my toe by die kerk en sê byvoorbeeld.  Dominee ek wil gaan sendingwerk doen in Mosambiek en die kerk moet my ondersteun.  Want, dit is God se wil, of; dit is wat die Here vir my gesê het.  Wel ek is jammer dat ek sinies is, maar dan vra ek myself dikwels af: Is dit die Here se wil of is dit sommer daardie persoon se wil?  Die punt wat ek wil probeer maak is dat ons baie maal vir die Here vra om op ons wa te klim.  Eintlik moet ons op sy wa klim.

As ons die vraag vra wat die Here se wil is.  Dan moet ons gaan soek na sy wil.  En as ons sy wil gevind het, moet ons daarby inskakel.  Ek dink nou aan Jesus se woorde toe Hy gesê het “Soek allereers die Koninkryk van God en die wil van God en al hierdie ander dinge sal vir julle bygevoeg word.”(Matteus 6:33)  God se Koninkryk en sy wil is sinoniem met mekaar.

Henri Nouwen skryf in A Sprituality of imperfection die volgende:  “The journey inward is the journey to find the Christ dwelling within us.  The journey outward is the journey to find the Christ dwelling among us and in the world.”
Ek interpreteer sy woorde dat ons na Jesus (of God se wil) binne ons moet soek, want dit is waar God woon (1 Korintiërs 6:19).  Dan gaan dit ons dring om na God se wil in die wêreld te gaan soek.  Eers gaan soek ons in ons eie hart en dan gaan soek ons in mense se harte na God se wil.  Of soos dit in God se woorde staan:  2 Korintiërs 5:14 (AFR1983)  14Die liefde van Christus dring ons, omdat ons tot die insig gekom het dat een vir almal gesterwe het, en dit beteken dat almal gesterwe het.

Gaan dus oop oë deur die lewe en soek God se wil rondom jou…  Kyk binne in jouself om Christus ook daar te vind en dit sal jou dring om Hom daar buite te soek en te sien.  Jesus het mos self vertel van die man wat rustig besig was met sy dagtaak.  Hy het in ‘n saailand geploeg.  En toe!  Daar ploeg hy iets raak!  ‘n Skat!  Net daar; gaan verkoop hy alles wat hy het om daardie skat te bekom…

 

 

Author: Henri Meyer (vdm)

Ek is 'n doodgewone outjie in Mosselbaai wat die Here wil dien met my lewe...

One thought on “God se wil…”

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: