Om naby aan iemand te kom vat effort, sê ek vir myself. Jy moet nice wees en kuier en goeters aandra, jy moet altyd na daardie persoon se dinge luister en regtig omgee oor dit…
Dit is so… Nou dink ek, ons dink, dat as dit by Jesus kom, moet dit ook so wees. As ons in Jesus wil wees, dan moet ons baie bid en reg bid. Ons moet Bybel lees en die Bybel reg lees. Ons moet baie kerk toe gaan en alles by die kerk doen. Want as ek genoeg doen dan gaan ek naby Jesus kom en gaan ek sy gemeenskap ervaar en ware blydskap beleef…
Die Skildery wat ek hierbo wys is die enigste skildery wat Vincent van Gogh ooit verkoop het. Die Rooi Wingerd is die skildery se naam… Ek is nie regtig slim met kuns nie, maar hierdie skildery praat met my. Aan die een kant is daar bedrywigheid van mense wat werk, werk, werk en aan die ander kant is daar die asemrowende natuur. Die son, die bome, die kleure. En in die middel staan ‘n vrou met ‘n sambreel, dit lyk of sy die enigste een is wat dit vang…
Jesus sê in Johannes 14:20 (AFR1983)
20Daardie dag sal julle weet dat ek in my Vader is en julle in My en Ek in julle.
“Daardie dag” is nou! Jy sien ons hoef nie te wedywer om in God drie enig se teenwoordigheid te wees nie. Ons is klaar! Ons “is” in Jesus en Hy in ons en ons in sy Vader. Is dit nie merkwaardig nie.
As jy vanuit hierdie plek leef. Hierdie plek van die Vader, Seun en Heilige Gees aanvaar my. Dan leef jy anders. Dan besef jy, jy hoef net te wees. Jy hoef nie vir God te beïndruk nie. Jy kan heeldag met Hom oor alles en nog wat praat. En Hy sal met jou ook praat as jy mooi luister; en kyk; en Hom in alles rondom jou raaksien.
So weet jy wat, ek wil graag daardie vrou met die sambreel in die middel van die skildery wees. Die een wat net “chill” die een wat net kan wees. Ek wil weet en weet jy ek weet, ek is God se geliefde, Hy aanvaar my, en ja sowaar! Hy wil by my wees!!!
Lees gerus hierdie twee boeke as jy meer oor hierdie onderwerp wil leer:
Henri ek lees op die oomblik oor die Name van God en vannaand se stuk was oor Adonai (Devine Rule)maar dit is nie wat my vang nie, wat my vang is dat dit eintlik daaroor gaan dat God alles van ons wil weet. Hy weet dit in elk geval,maar wil he dat ons ons vir Hom moet oopmaak en ons diepste gevoelens en omstandighede met hom moet deel. Ons hardloop so rond en is so besig met so baie goed maar ons staan nie stil en ervaar nie. Presies wat jy in jou Blog sê. Ons mis uit op die ervaring van God binne ons. Die skrywer sê so mooi: Adonai weet alles van jou en begeer dat jy elke kamer van jou hart vir Hom sal oopmaak. Dat ons ons harte in opregtheid vir Hom sal oopmaak. Dit is soos jy sê: Ek is God se Geliefde HY wil by my wees.
Soms voel dit vir my asof ons Godsdiens pleeg en nie in die verhouding met God staan wat elke oomblik insluit nie.. Ek is die afgelope tyd so bewus van hoe God lank vooruit eintlik al goed in plek gesit het vir dinge wat nou ‘n krisis is….wat amper die krisis versag of makliker maak. Wat ‘n ongelooflike God het ons nie…
LikeLike
Oom Ewald of dit Lizette, ek kan jou woorde regtig beaam…
LikeLike
Wat jy oor die skildery sê, laat my dink aan die verhaal van Martha en Maria . . . Martha wat so gewerk (en gestres) het, en Maria wat net by Jesus se voete wou sit en alles indrink.
LikeLike
Is net so Marie
LikeLike