“Hoekom, o hoekom is dit so moeilik, om op te gee om altyd reg te wees…”

Ag dis tog so lekker om reg te wees.  Dis so al asof reg wees deel van ons ego is.  Hoe my saak ontvang of geglo word is vir ons baie belangrik.  Dr. Phil die sielkundige op die TV sê aktyd vir mense:  “Do you want to be right, or do you want to be happy?”  Goeie vraag…

Maar, Jesus was anders.  Sy etiek is bietjie vreemd.  Hy vertel ‘n gelykenis van ‘n jong seun wat al sy erfgeld spandeer deur losbandig te lewe.  Daar word selfs oor prostitute gepraat.  En dan, as hy huistoe kom, dan word die vetgemaakte kalf vir hom geslag.  Dis mos nie reg nie.  Of wat van die gelykenis wat Jesus vertel van die mense wat in die wingerd gaan werk het.  Toe dit by betaaltyd kom kry die oues wat vyf voor vyf ingeval het dieselfde geld as die ouens wat 08:00 begin werk het.  Dis mos nie reg nie.  Nie eers te praat van ons moet ons vyande liefhê, die ander wang draai en nog baie meer nie…

Wel miskien moet ons by die begin begin.  Toe Adam en Eva in die tuin van Eden was kon net God tussen reg en verkeerd besluit.  Hulle het nie daarvan geweet nie.  God sê toe vir hulle om nooit van die die boom van kennis van goed en kwaad te weet nie.  Die boom wat gaan maak dat ons self moet besluit tussen reg en verkeerd.  Nee, hulle moet die boom van die lewe kies.  Wel die res is mos nou geskiedenis.  Die mens kan nou kies en self besluit oor reg en verkeerd.  Kyk net na die gevolge…

Nou wat is dan nou reg en wat is dan nou verkeerd.  Wel, God is altyd reg en Hy weet wat is verkeerd.  Watchman Nee sê in sy boekie “Sit, walk, stand.” “The all important rule is not to ‘try’ but to ‘trust’…”

Kom ek probeer met ‘n voorbeeld verduidelik.  Daar is hierdie persoon wat jou vreeslik iriteer.  Jy weet voor jou heilige siel jy is reg en hy is verkeerd.  Jy bid en vra die Here vir hulp.  Here, help my om te vergewe.  Here, help my om nie altyd reg te wil wees nie.  En dan, die eerste wat jy die persoon weer sien gaan dit goed vir so 30 sekondes en dan sê of doen die persoon iets wat jou irriteer en daar gaat jy alwee…
Die punt is, God alleen is die een wat krag het.  Sy krag werk deur ons (Efesiërs 3:20).  As ons fokus op God, ons verhouding met Hom.  As ons met ander woorde die boom van die lewe kies.  As ons in die wingerdstok gesetel bly (Johannes 15).  Dan sal God se krag deur ons werk.  Jesus sê bae mooi, bid vir die wat jou vervolg, vir jou vyande.  En so verander dinge.

So wat is reg en verkeerd?  Wanneer is ek reg of verkeerd.  Dis nie belangrik nie.  God is….

Author: Henri Meyer (vdm)

Ek is 'n doodgewone outjie in Mosselbaai wat die Here wil dien met my lewe...

2 thoughts on ““Hoekom, o hoekom is dit so moeilik, om op te gee om altyd reg te wees…””

  1. Dankie Henri,
    Dit bevestig net weer vir my persoonlik dat ek moet aanhou dankie sê dat ek in die oggende nog die voëltjies kan hoor tjirp en wat daarmee saamgaan. Want as ek die voëltjies gehoor tjirp het, kan ek maar gaan fietsry!
    En wat daarmee saamgaan. 🌞

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: