Hoe wyd en ver en hoog en diep is God se liefde…

Efesiërs 3:18 sê:  “18Mag julle in staat wees om saam met al die gelowiges te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek.”

Dit het my aan die dink gesit oor hierdie 4 woorde: Wyd, Vêr, Hoog en diep…  Hoe hoog is God se liefde?  Hoe vêr strek God se liefde?  Hoe wyd gaan dit?  en hoe diep is God se liefde?

Kom ons begin by hoog.  Die afstand tussen die hoogste punt van God se liefde en die laagste punt van sy liefde is nogal baie.  God se hoogte begin baie laag.  Filippense 2:7 sê dat God Homself verneer het deur die gestalte van ‘n slaaf aan te neem.  God het as Koning uit die hemel gekom en die laagste punt op aarde bereik.  Hy is in ‘n krip gebore en het aan ‘n kruis gesterf.  Ons kan nie laer as Hy daal nie!  Ons kan ook nie hoër as Hy styg nie.  Sy liefde is baie hoog.  En hoekom doen Hy dit?  Hy deel ons pyn met ons.  Hy kom eet ons sakke sout op.

Wat is die lengte van God se liefde?  Ons dink mos God kry ons eers lief as ons ons harte vir Hom gee.  Maar eintlik het God ons lankal liefgehad.  God se bestaan is baie langer as ons ou lewetjie.  God was daar nog lank voor ons bestaan het en hy sal lank daarna ook daar wees.  Dis belangrik om te verstaan dat God se liefde vir ons nie van ons afhang nie, maar van Hom.  Hy kies dit.  Psalm 139:16 “U het my al gesien toe ek nog ongebore was, al my lewensdae was in u boek opgeskrywe nog voordat ek gebore is.”

Hoe wyd is God se liefde?  Sy liefde strek oor alle grense heen.  Sy liefde is wyer as rasse, tale, God is ewe lief vir alle mense.  In Matteus 22 vertel Jesus die gelykenis van die bruilof waarna die genooides nie wil kom nie.  Dan stuur die Vader sy slawe uit om almal op die straathoeke te nooi na die bruilof toe.  Almal is welkom!

Wat is die Diepte van God se liefde?  Augustinus die groot u Kerkvader het gesê:  “Ons harte is rusteloos totdat dit rus in God gevind het”  God se liefde is so wyd dat dit oral is, dit is wyer as ek.  Ek kan nêrens heen vlug om sy teenwoordigheid te ontkom nie sê Psalm 139.  God ken my intiem.  Dit maak my bang en onseker.  Kan God my dan regtig liefhê.  Ek is darem bietjie beter as sekere sondaars sal ek sê.  Op hierdie manier maak ek myself wys: “maar God sal my darem seker dan kan liefhê.”  Maar jy sien die ding is God het ons lief.  Sy liefde is wyer as ons tekortkominge.  Ons kan nie daarvan vlug.  As jy God se liefde nie vat nie, kan jy nie jouself, Hom of ander liefhê nie.  JY IS GOD SE GELIEFDE!

God se liefde is wyer, hoër, dieper en hoër as wat ons ooit sal kan vat…

 

Author: Henri Meyer (vdm)

Ek is 'n doodgewone outjie in Mosselbaai wat die Here wil dien met my lewe...

2 thoughts on “Hoe wyd en ver en hoog en diep is God se liefde…”

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: