Vandag was ek en my gesin kerk toe by NG Gemeente Hoekwil naby Wildernis. Dis ‘n doodgewone gemeente, niks buitengewoon amazing nie. Maar sommer met die instap kry jy al die idee dat die gemeente ‘n familie is. Maar dis nie eintlik waaroor ek wil skryf vandag nie. Ek wil jou vertel van die dominee se boodskap. Dit het my getref.
Ds Dawie het vertel dat geskenke nogal ‘n belangrike deel van Kersfees is. Kinders geniet dit. Ons soek maande na die regte geskenke. Ons spandeer geld daarop. En dis goed so. Want dit wys alles heen na die grootste geskenk van alles. Jesus wat as mens gebore is. Maar wat my laat dink het is die laaste deel van sy preek. Hy het gewys hoe belangrik dit is om ‘n geskenk oop te maak. ‘n Geskenk beteken niks vir jou as jy dit nie oopmaak nie. Dit is in die oopmaak waar die “magic” lê.
God gee vir ons die geskenk van die lewe. Ons vier dit veral met Kersfees. Dit help niks God gee jou hierdie geskenk en jy maak dit nie oop nie. Die “magic” gaan dan verlore…