As God Nee sê…

Ek is besig met ‘n preek oor hierdie tema en toe dink ek daaraan dat God ons liefdevolle Vader, Nee gesê het vir sy eie Seun, Jesus Christus.

Lees bietjie die volgende:

Markus 14:35–36 (AFR1983) 35Hy het toe ’n entjie daarvandaan op die grond gaan kniel en gebid dat, as dit moontlik is, die uur van lyding nie vir Hom sou aanbreek nie. 36Hy het gesê: “Abba, Vader, alles is vir U moontlik. Neem hierdie lydensbeker van My af weg. Moet nogtans nie doen wat Ek wil nie, maar wat U wil.”

Jy sien soos ek die saak sien wys hierdie ding wat in Jesus se lewe gebeur het vir ons baie duidelik dat Jesus ‘n mens was. Hy was bang! Hy het nie kans gesien vir dit wat voor Hom lê nie. Dink ‘n bietjie daaraan? God en dit sluit ook met ander woorde Jesus in, sien die groter prentjie. Jesus weet nie net wat wag vir Hom nie, Hy weet ook dat dit nodig is om te gebeur. En nog steeds vra Hy of dit nie maar by Hom kan verbygaan nie. Dis groot hoor…

Jy sien, ek dink ons kan iets hier by Jesus leer. Ons kan iets leer oor wanneer ons in ‘n krisis is. Die eerste ding wat ons kan leer is dat ons kan ontspan as ons onseker en bang is. Want, Jesus verstaan. Hy was ook daar. Hy weet hoe dit voel. Hy was daar, regtig daar, Hy het self in alles begin twyfel. MAAR!

Ja, daar is ‘n groot MAAR. Hy het sy Vader vertrou. Sy Vader se oordele en sy Vader se plan met sy lewe. Jesus het geweet dat Hy ‘n doel het. Hy het geweet dat Hy deel is van God se plan van liefde vir hierdie wêreld. Daarom het Hy ook geweet dat God in beheer is. Lees weer mooi wat Jesus bid. Hy bid: “Abba, Vader, alles is vir U moontlik.” Met ander woorde, Vader dit is vir U moontlik om hierdie swaar ding wat voor my lê soos ‘n berg weg te neem. Maar dit is ook vir U moontlik om hierdie swaar ding wat voor my lê te gebruik in U liefdevolle plan vir U koninkryk. So Vader ek vertrou U. Ek vertrou dat U goed is. dat U motief altyd liefde is. Dat U U Koninkryk deur my Gaan bou.

En dan bid Jesus: “Moet nogtans nie doen wat ek wil nie, waar wat U wil.” Wat Jesus hier sê is: Vader as U Nee se vir my versoek dan gaan ek dit aanvaar. Want, U weet baie beter as ek. U is in beheer en ek vertrou U.

Nou bid ek: Vader help my om soos Jesus te vertrou. Help my om soos Jesus te bid. Ek wil soos Jesus wees…

Author: Henri Meyer (vdm)

Ek is 'n doodgewone outjie in Mosselbaai wat die Here wil dien met my lewe...

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: