Jesus se Hemelvaart is soos ‘n Dandelion…

Jy weet mos daai blommetjie wat ‘n mens so blaas en dan waai al die saadjies in die wind in. As kind was ek mal daaroor. Hulle het sommer so in die veld gegroei. Ek het dit gegoogle; in Afrikaans noem mens dit ‘n Paardeblom. Bietjie wierd naam maar nou ja.

Phillipp Yancey skryf in sy boek, “The Jesus I never knew:”. “Killing Jesus is like trying to kill a Dandelion seed-head by blowing on it.” Ek dink dit is wat Jesus bedoel het toe Hy in Johannes 12:24 gesê het: “As ‘n koringkorrel nie in die grond val ens terwe nie, bly hy net een, maar as hy sterwe, bring hy ‘n groot oes in.”

Vandag is Hemelvaart dag. Dis ‘n moeilike ding vir my ou breintjie om te verstaan. Daarom al hierdie metafore en dinge. Ek sien die saak so.

Jesus was op aarde. Hy het hier geleef. Hy het saam met sy dissipels aan tafel gesit en eet. Hulle kon aan Hom vat en met Hom gesels. Hy was by hulle. Maar net by hulle. Net soos enige ander mens. Maar toe staan Hy uit die dood op en vaar in die hemel in. Alles verander. Hy kan nie meer vasgevang word nie. Hy is nie meer net op een plek nie. Hy is nou aan elke tafel op hierdie hele aarde saam met al die mense. Is dit nie amazing, misterieus en mind blowing nie?

Kyk wat sê Frederick Beuchner: “We can never nail Him down, not even if the nails we use are real and the thing we nail Him to is a cross.”

Ok, so terug na die Dandelion. Jesus se dood het Hom los gemaak van die wêreld se reëls. Hy kan nie vasgevang word nie. Sy Hemelvaart het Hom meer gemaak as een. Die Koringkorrel wat in die grond val en sterf word infinitief meer…

Author: Henri Meyer (vdm)

Ek is 'n doodgewone outjie in Mosselbaai wat die Here wil dien met my lewe...

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: