Die pad van die lewe…

Onlangs is ek alweer gekonfronteer met die groot K.  Ja alweer kanker.  En weer ‘n keer voel ek onbeholpe en dom in die kloue van die monster.  En ek wonder, ek wonder wat om te maak en hoe om te dink…  en veral wonder ek hoe om met die persoon te praat; wat in die kloue van die monster is…

Dit is in hierdie tyd dat ek hierdie aanhaling van my geliefde mentor Henri Nouwen lees:

Going home is a lifelong journey.  There are always parts of ourselves that wonder off in dissipation or get stuck in resentment.  Before we know it we are lost in lustful fantasies or angry ruminations.  Our night dreams and daydreams often remind us of our lostness.
Spiritual disciplines such as praying, fasting and caring are ways to help us return home.  As we walk home we often realize how long the way is.  But let us not be discouraged.  Jesus walks with us and speaks to us on the road.  When we listen carefully we discover that we are already home while on the way.

Dis die moeilike woorde in Henri Nouwen se engels wat vir my op die ou end weer ou antwoorde kom oopmaak het.  Dit is sommer die eerste sin wat my gevang het.  “Om huis toe te gaan is ‘n lewenslange reis.”  Waar is die huis?  Wel as ek aan die gelykenis van die verlore Seun dink, dan is die huis waar my Vader is.  My Vader wat vir my wag.  Ja in groot afwagting wag, sonder om te oordeel.  Maar ek dwaal rond.  Ek soek die huis oral en in alles.  Ek luister na die dood se leuns.  Die monster vertel vir my, hy jaag my aan, hy laat my wegdwaal in “lustfull fantasies”.  As ek maar net genoeg geld gehad het, dan sal ek dit koop of dat doen en dan sal ek gelukkig wees.  En dan..?  Ewe skielik..!  Staan die Kanker Monster voor jou en is geld en al daai goed ewe skielik onbelangrik en al waarna jy hunker is na jou huis waar jou Vader is.

Een van Nouwen se woorde hier is: “Dissipation”  Getroue ou google sê vir my die woord beteken iets wat in die niet verdwyn.  Iets wat sonder dat jy dit regtig agterkom sommer net verdwyn.  Vader, keer my asseblief, keer dat die lewe, my plek saam met U, my huis; nie sommer net sal wegraak in jare van struggle en dink aan die eise van die monster nie.

Bazz Luhrman het gesê:  “Don’t worry about the future; or worry, but know that worrying is as effective as trying to solve an algebra equation by chewing bubblegum.  The real troubles in your life are apt to be things that never crossed your worried mind the kind that blindside you at 4pm on some idle Tuesday.”
Read more: Baz Luhrmann – Everybody’s Free (to Wear Sunscreen) Lyrics | MetroLyrics

“Angry Ruminations”  is Henri Nouwen se ander moeilike engelse woord.  Google sê dit is ‘n: “a deep considering thought about something.”  Ek ontmoet baie mense wat heeltyd besig is met kwaai gedagtes oor dinge.  Het jy gesien wat het hulle nou al weer gemaak.  Hulle gaan alles verbrand.  Hulle vat al die plase.  Hulle vat al ons goed…  In die proses van “angry ruminations” besef ons nie dat die duiwel dans dat die stof so staan soos my liewe ouma altyd gesê het nie.  Gepraat van my ouma; sy het eendag haar kinders en kleinkinders laat plaas toe kom en alles weggegee.  Sy het rustig haar goedjies gevat en ouetehuis toe getrek.  “Want, my kind…” het sy gesê, “daardie dinge is tog nie meer belangrik nie…”

Nou ja toe voor ek nou te veel aankarring met moeilike engelse woorde.  Wat is die punt hier.  Die punt is dat die ware pad, die regte pad nie die pad van die monster is nie.  Jesus het gesê Hy is die weg (Johannes 14:6).  Wat beteken dit?  Wat was Jesus se pad?  Jesus se pad was die pad van die kruis.  Die pad van die dood.  Die pad van kyk die Monster in die oë, soos William Wallace in Braveheart.  En daar raak die antwoord vir my toe duidelik.  Daar waar ons oop is oor Kanker, daar waar ons daaroor praat, daar waar ons dit in die oë kyk.  Daar is ons pad huistoe.  Dan vind ek uit soos Henri Nouwen sê, ek is eintlik alreeds by die Huis.

Author: Henri Meyer (vdm)

Ek is 'n doodgewone outjie in Mosselbaai wat die Here wil dien met my lewe...

6 thoughts on “Die pad van die lewe…”

  1. Ds preke dring altyd tot ons deur en ek weet dit raak elke keer my man, en na elke preek neem ons iets saam ons. Ds het werklik ‘n gawe om met mense te praat.

    Like

Leave a Reply to Heilie Smith Cancel reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s