Jesus hou van kuier. Hy het baie gekuier toe Hy op aade was. Ek dink, Hy hou vandag nog steeds daarvan om te kuier. Ek dink, Hy kuier elke dag, rondom tafels saam met mense, by ‘n braaivleisvuur of in ‘n restaurant, ‘n Koffie shop, ‘n ouetehuis, ‘n ontbyt tafel en nog baie meer.
Ek hou baie wat Leclerc se: “Jesus ate good food with bad people…”. Phew ek is bly daaroor, want nou weet ek Hy sal saam met my ook wil kom eet.
In Markus twee word die storie vertel van Levi die Tollenaar. ‘nTollenaar was blykbaar ‘n bad iemand in Jesus se tyd. Jesus het by hom verbygeloop en vir hom gesê: “Volg my…”. Hy het onmiddelik opgestaan en Jesus gevolg. Die storie gaan toe verder en vertel hoe Jesus en sy dissipels toe by Levi en al sy vriende gaan eet het. Natuurlik was die nare Fariseërs nie baie happy oor dit nie. Hulle vra toe hoekom eet Jesus saam met Tollenaars en Sondaars. Waarop Jesus hulle antwoord. “As jy gesond is het jy mos nie ‘n dokter nodig nie. Ek het nie gekom om mense te roep wat op die regte pad is nie.” Phew! Ek is so bly daaroor, want anders sou Jesus mos nooit aan my tafel kom sit het nie. Jy sien ek is Levi.
‘n Tafel, kuier, saam eet is ‘n plek waar stories loop. Dit is die plek waar ons mekaar leerken deur die stories wat ons vertel. En ons word daardie stories. Ek wil so graag hê Jesus moet aan my tafel kom sit en deel word van my storie.
Dis nou juis die ding. Jesus ìs aan my tafel. Hy eet saam met my, elke dag. Dis die magic van die Opstanding! Jesus hoef nie nou meer soos toe Hy op aarde was net aan Levi se tafel op ‘n slag te sit nie. Hy sit aan elke tafel, oor die hele aarde, elke dag, die hele tyd.
Dit maak nou dat ek wil bid: “Jesus ek wil U volg, soos Levi. Ek wil opspring en agter U aanloop. Ek wil hê U moet by my kom eet. Saam met arme ekke en al my sondaar vriende. Ek wil hê U moet deel word van my storie, sodat my storie kan deel word van U storie. En eendag Here gaan ek saam met U sit in ewigheid by die Bruilofstafel van die Lam. Dankie Here, so baie dankie!”