Die volgende woorde is opgeplak teen my Garage muur tussen al my fietse:
Riding is about rhythm and flow.
It’s the wind in your face
and the challenge of hammering up a long hill.
It’s the reward at the top
and the thrill of a high-speed descent.
Biking lets you come alive
both in body and spirit.
After a while the bike disappears beneath you
and you feel as if you are suspended in mid air.
Dit is een van die redes hoekom ek so baie van fietse hou. As ek fietsry kan die wêreld rondom my vergaan. Dan is ek “in flow.” Dis dan wanneer ek van alles vergeet. Dit energeer my. En ek is mal daaroor…
Maar eers terug by rus. Hoe rus ‘n mens? Gaan hou jy vakansie? Sê nou maar jy is geestelik of emosioneel moeg gaan dit help. Dit sal help om te gaan slaap as jy ‘n harde dag by die werk gehad het. Maar as moegheid jou na depressie gedryf het, sal slaap nie eintlik help nie. Dit maak dit net erger.
As ek gaan kyk na hoe Jesus gerus het dan merk ek ‘n paar dinge op. Hy het gereeld saam met sy dissipels na afgeleë plekke gegaan (Markus 6:30-34). Hy was lief daarvoor om Betanië toe te gaan na Martha en Maria se huis. Hy het Homself ook graag alleen afgesonder om te gaan bid.
Die baie bekende woorde van Jesus in Matteus 11:28 sê: “Kom na my toe almal wat uitgeput en oorlaai is en ek sal julle rus gee.” (My eie woorde) Maar kyk bietjie hoe mooi lees dit in die fantastiese vertaling van die Bybel deur Eugene Peterson beter bekend as The Message. “Come to me. Get away with me and you’ll recover your life. I’ll show you how to take a real rest. Walk with me and work with me—watch how I do it. Learn the unforced rhythms of grace.”
Wat my getref het is die woorde: “Unforced Rhythms of Grace.” Wat is dit? Ek gaan dit probeer verduidelik met syfers. Let mooi op klas, hier gaan Henri die wiskunde meneer:
0 1 2 3 4 (5) 6 7 8 9 10
0 is die plek waar dit met jou sleg gaan. Soos in emosioneel, geestelik sleg. 10 is die punt waar jy totaal oorwerk en uigestres is. Jy moet eintlik nooit by 10 uitkom of by 0 nie. Jy moet die heeltyd strewe daarna om by 5 uit te kom. 5 is die stil punt. Die tevrede punt. Psalm 23 sê: “Hy (my Herder) laat my rus in groen weivelde, Hy bring my by waters waar daar vrede is.”
Unforced Rhythms of Grace is om die heeltyd te streef na daardie stil punt. Daardie plek waar jy op jou beste is. Daardie plek waar jy geliefd en geborge voel. As ons na Jesus kyk dan lyk dit my dis hoe Hy dit gedoen het. Hy het saam met sy dissipels rustig geraak. By sy vriende Martha, Maria en Lasarus in Betanië gekuier. Jesus het Homself ook heeltyd alleen afgesonder om te bid. Om die stil plek te vind. Kyk hoe mooi sê Henri Nouwen dit: “The literal translation of the words ‘pray always’ is ‘come to rest.’ It is a rest in God in the midst of a very intense daily struggle.”
So wat is rus? Rus is ritme. ‘n Lewensritme om die heeltyd terug te beweeg na daardie stil punt, daardie plek, daardie “space” Waar jy totaal “in flow” is. Vir partye mense is dit op die Gholfbaan, vir ander op ‘n fiets, vir party tussen mense, vir ander alleen. Maar! Die beste plek is in jou binnekamer: Jesus sê dit die beste: “…as jy bid, gaan na jou kamer toe, maak die deur toe en bid tot jou Vader… (Matteus 6:6).
Sjoe, dis mooi gesê. Dankie vir die boodskap Henri, was nodig om dit te hoor.
LikeLiked by 1 person