Om honger te wees…

Ons diep honger wees na daai iets in ons lewens is die ding wat ons dryf. Ons honger wees na iemand, na iets, daai ding wat ons waardig laat voel. Hierdie ding kan ons grootste geestelike geskenk van God af wees, of dit kan ons grootste vloek in ons lewe wees.

Ons het hulle al almal gesien (miskien is ek een…). Mense wat ander net té nodig het. Alles wat jy doen, sê, koop, het te make met hoe ek daardeur aanvaar gaan word of nie. Koop ek ‘n nuwe kar of rok of fiets, dan wonder ek… Gaan mense my aanvaar. Ek wonder darem wat gaan hulle sê as ek more met hierdie selfoon daar aankom. Dis ‘n probleem.

Sondag hou ons Nagmaal in ons great gemeente. Nagmaal gaan oor honger wees. ‘n Honger na God. En daai is ‘n goeie honger. Die vrae soos: as ek dit doen, of dat koop of dit sê, wonder ek darem wat sal God daarvan dink. En dan besef jy! Ek is God se geliefde. Hy aanvaar my. Hy is lief vir my. Daar is niks wat ek kan doen of sê of koop om dit te verander nie. Ewe skielik raak ek heel. Honger na God!

Author: Henri Meyer (vdm)

Ek is 'n doodgewone outjie in Mosselbaai wat die Here wil dien met my lewe...

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: