So ‘n ruk terug gesels ek met ‘n Pa wat 2 van sy kinders as tieners aan die monster van die dood verloor het. “Hoe cope ‘n mens met dit?” Vra ek… Hy sê: “Dit was nooit my kinders nie. Hulle het altyd aan God behoort.”
Die pa het my uitgeboul. Dit is sy vryheid wat my toe op ‘n “journey” van my eie gesit het. En natuurlik iets wat my mentor Henri Nouwen gesê het: “Through birth a child is given to parents; through baptism a child is given to God…”
Ek wil jou nog iets vertel. In my finale jaar as teologie student wou ek graag ‘n sendeling in Indië word. My paadjie het toe anders geloop, maar dis ‘n storie vir ‘n ander dag. My Ma was baie opgestres oor die ding. Wat ‘n mens kan verstaan. Na so ‘n maand of wat kom sy na my toe, gee my ‘n Bybel as geskenk en sê: My kind ek het jou vir die Here terug gegee. Jy is sy kind, Hy sal na jou kyk…”. Weereens vryheid…”
Jy sien ons dink goeters is ons sin. Ons dink mense is ook ons sin. Maar, dit is nie. Alles behoort aan God. Psalm 24:1. “Die aarde en alles wat daarop is, die wêreld en die wat daar woon, alles behoort aan die Here.”
Dit maak my vry. Dit maak my vry om te weet my kinders behoort aan God. Hy het hulle vir my gegee om vir Hom groot te maak. VIR HOM! Nie vir geld nie. Nie vir aansien nie. Nie vir hierdie wereld nie, maar vir sy wêreld. Vir sy Koninkryk. Alles is God se verantwoordelikheid. Hy gee aan my ook ‘n verantwoordelikheid. Dis asof God sê: My kind. Ek is baie lief vir jou. Ek is so lief vir jou dat ek vir jou geld gegee het, om ‘n kar te koop, lekker braaivleis, ‘n mooi selfoon, lekker skoene en nog baie ander dinge. My kind maak op my staat om jou te help om jou geld te gebruik om my Koninkryk te bou. Maar weet jy my kind. Ek het ook vir jou van my kinders gegee. Ja, ek dink so baie van jou. Ek sal jou help om hulle groot te maak, om my te dissipels te wees. Maar, dit bly my verantwoordelikheid hoor. So slaap maar rustig my geliefde kind…”
Lees ook gerus verder: https://henrinouwen.org/meditation/baptism-way-freedom/
Onthou ook om onder aan hierdie bladsy te “suscribe” as jy n email wil kry.
Dankie Henry. Dit laat mens vry. Ons bekommer ons so oor ons kinders in die tye van nou en hier is ons antwoord.
LikeLike
Subscribe
LikeLike
Ek het nou eers weer Kahlil Gibran se baie ou boek, Die profeet, gaan uithaal. Hy was ‘n Libanees, wat aan die einde van die 19e eeu uit ‘n Christelike familie gebore is en in Amerika opgegroei het. Hy het gesê “Julle kinders is nie julle kinders nie. .. En al is hulle by julle, behoort hulle nie aan julle nie. . . . Julle mag hulle liefde gee, maar nie julle gedagtes nie, want hulle het hul eie gedagtes. ” Hoewel die boekie so oud is, is daar baie steeds geldende lewenswaarhede in wat nog vandag geldig is.
LikeLike