God Moments…l

Ek is seker jy het ook al ‘n God moment beleef… daai oomblik toe jy voel, maar nou is God hier. Nou praat Hy met my. Nie in ‘n hoorbare stem nie, maar diep, daar waar die Disprin oplos soos my ou vriend altyd sê.

Kom ek vertel jou van my God moment die week.

Kyk bietjie mooi na die foto wat ek hierbo ingesit het het. Dit is ‘n foto wat ek geneem het by Natures Valley, baie naby aan die einde van die Otter staproete. Ek en my twee vriende (en kollegas) was die week daar om ons jaar beplanning te doen. Maar kyk mooi na die foto. Sien jy vir Gerrie daar staan? Met sy rooi hemp aan?

Hierdie boom is ‘n Outiniqua Geelhout en waarskynlik meer as 600 jaar oud (Hulle kan meer as 200 jaar oud word). Hy was lank voor my daar, en hy sal lank na my daar wees. Ons Vader het hom gemaak…

Dit is toe ek langs daai boom staan, saam my twee vriende dat ek my God Moment beleef. Hoe nietig is ek nie. Klein en “insignificant.” En tog sien God my raak. Meer as raaksien. Hy ken my deur en deur en deur. Of ek sit en of ek opstaan, Hy weet van dit. Daar is nog nie ‘n woord op my tong of God weet van dit. Sjoe ek het spesiaal gevoel langs daai groot boom.

Kyk hoe mooi sê Psalm 139 dit:

Here, U sien dwarsdeur my, U ken my. Of ek sit en of ek opstaan, U weet dit, U ken my gedagtes nog voordat hulle by my opkom. Of ek reis en of ek oorbly, U bepaal dit, U is met al my paaie goed bekend. Daar is nog nie ’n woord op my tong nie of U, Here, weet wat dit gaan wees. U omsluit my van alle kante, U neem my in besit. Dié wete oorweldig my, dit is te hoog vir my begrip.

Onthou tog om te subscribe as jy die blog wil volg.

Author: Henri Meyer (vdm)

Ek is 'n doodgewone outjie in Mosselbaai wat die Here wil dien met my lewe...

4 thoughts on “God Moments…l”

Leave a comment