Wat is die boodskap van Kersfees…

Ek sit in my deurmekaar studeerkamer besig om voor te berei vir more se Kersboodskap (eks bietjie laat, maar nou na…). En ek struggle, want, wat is die boodskap van Kersfees. Ja, ek weet Jesus het aarde toe gekom om vir ons sondes te sterf. Ons almal weet dit. Maar regtig, dit voel vir my so holrug gery… en verstaan ons dit regtig?

Ok, kom ons kyk so daarna. Kom ons sê Jesus het nie aarde toe gekom as ‘n baba nie, maar as ‘n grootmens en dan aan die kruis gesterf. Wat sou die verskil wees. Ek meen Hy is God after all, Hy kan kom soos Hy wil. Hoekom op hierdie manier. Hoekom op so ‘n wierd manier. So buite egtelik. So broos. So weird, baie weird?

Ek dink ons kyk verkeerd na die besigheid. Ek (oftewel ons) is so ingestel daarop om God te vind, Hom te kry, Hom lief te hê dat ons die hele punt mis. Iemand het eendag vir my gevra hoeveel paaie is daar na God? Daar is geen pad na God toe nie! Net ‘n pad van God af na ons toe. Jy sien dis die punt van Kersfees. God kom na ons toe. Hy is lief vir ons. Hy wil kom deel word van ons storie. God wil saam met ons ‘n paar sakke sout opeet. Hoe anders sal Hy kan deel word van ons?

En dit… dit wys God se eintlike broosheid. Dit is hoekom Hy kom as ‘n brose baba. Want sien, God se storie en my storie oorvleuel nou. Hy ken my pyn, ek ken sy pyn. Hy ken my pad, ek ken sy pad. Hy ken my vreugdes, ek ken sy vreugdes.

God kom wys vir ons dat ons lewe op aarde nie maar ‘n hardloop in sirkels lewe is nie. Ons is almal oppad. Oppad waarheen? Oppad huistoe. Oppad na ons plek van Rus en Vrede. En God kom vat ons aan die hand en wys vir ons die weg…

Jesus het gesê: Ek is die weg en die waarheid en die Lewe… Johannes 14:6

Hieraan weet ons dat ons in Hom bly en Hy in ons: Hy het ons sy Gees gegee. 1 Johannes 4:13

Author: Henri Meyer (vdm)

Ek is 'n doodgewone outjie in Mosselbaai wat die Here wil dien met my lewe...

3 thoughts on “Wat is die boodskap van Kersfees…”

  1. Stem saam, juis waarmee ek besig is om vir ons kids te hele “storie” agter Kerstyd te probeer verduidelik.

    Die een vraag wat my dogterjie vra: 1. “Hoekom is daar kersbome tydens die tyd?”- my net weet laat besef watse belangrike role ons het as piers en hoe naby aan God ons moet beweeg, nou meer as ooit!

    2. “Hoekom het “ons” nie ‘n kersboom maar ander maatjies het?

    Is dit relevant tot die hele Christendom, iemand het so paar maande terug verwys na Gen 2.9 “hoekom ons die boom se betrokkendheid by Kersdag moet vier?! Ja ek stem saam oor die bome maar nie tot ons viering van die tydperk.

    Mens probeer so hard om by die “basics” te bly, maar wil ook geensins gelyk word met die wêreld en hul dinge nie.

    Ek sien uit na jou preek more!

    Thinus

    Like

Leave a comment