“An unexamined life is not worth living” Socrates

Socrates was gedaag voor die regering van sy dag (die skildery hierbo is ‘n uitbeelding daarvan). Die klag teen hom was dat hy jongmense se koppe deurmekaar gamaak het. Hy het gesê “An unexamined life is not worth living.” In Afrikaans vertaal dink ek sal dit sê: “‘n Ondeurdagte lewe is nie werd om te leef nie.” Hy is voor ‘n keuse gestel, of hy hou op om dit te sê, of hy gaan ter dood veroordeel word. Hy kies toe die doodstraf. Why so serious. Hoekom het Socrates so sterk gevoel oor dit?

Miskien moet ons net eers seker maak, dat ons verstaan wat hy bedoel het. Hy het nie bedoel ons moet nou almal ons koppe laat lees nie. (Alhoewel ek dink ‘n goeie koplees so nou en dan kan ‘n goeie ding wees.). Nee, wat Socrates bedoel het, is, elke mens moet dink oor die rede vir sy/haar lewe. Hoekom doen jy wat jy doen. Hoekom luister jy na sekere musiek. Hoekom beoefen jy ‘n sekere sport. Of hang ‘n sekere sportspan aan. Hoekom gaan jy kerk toe of, nie. Hoekom doen jy die werk wat jy doen.

1 Petrus 3:15 sê: “ons moet altyd gereed wees om ‘n antwoord te gee aan elkeen wat ‘n verduideliking van ons eis oor die hoop wat in ons lewe.”

Ek vra baie maal vir mense eenvoudige vrae soos: “Hoekom luister jy na die musiek?” Of “hoekom wil jy met haar/hom trou?” Of “hoekom trou julle nie maar nie?” of “hoekom wil jy daarheen gaan?” En dan gee mense my net nie ‘n bevredigende antwoord nie. Hulle sal baie maklik vir my sê maar dit is nou maar net hoe dit is.

Nou hoe deurdink ek my lewe? Hoe vra ek die regte vrae. So by the way ek dink een van die belangrikste dinge in die lewe is om die regte vrae te vra. Ek wil graag met jou ‘n tool deel. Iets wat ek dink my en jou, kan help om ‘n deurdagte lewe te leef. Om die regte vrae te vra.

As ek en jy elke dag die daaglikse ondersoek (Daily Examen) van Igantius van Loyola gaan doen. Sal dit baie help. Hierdie eeue oue geestelike dissipline gaan ons help om ons lewe te rig. Dit werk as volg:

1. Bid vir “lig”

2. Dink na oor die afgelope dag in dankbaarheid

3. Evalueer jou gevoelens

4. Kies een van hierdie gevoelens (positief of negatief) en bid daaroor.

5. Kyk vorentoe na more.

As ek en jy elke more net hierdie eenvoudige dingetjie doen sal dit met tyd ons lewe rig. Dit sal ons inspireer en help om ons sterkste opinies te herevalueer. Dit sal ons ook help om ander mense se opinies waardig te ag. Dit sal ons help om God se hand in ons lewe raak te sien. Dit sal ons vrae laat vra oor God se wil, sy roeping vir my. Oor die dinge wat regtig belangrik is.

As jy ‘n goeie video oor Socrates wil kyk: https://youtu.be/Ccwmn5T3-54

Author: Henri Meyer (vdm)

Ek is 'n doodgewone outjie in Mosselbaai wat die Here wil dien met my lewe...

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: