Ek hou nie eintlik van Spietkops nie. Hulle pla my. Ja hulle doen goeie werk en al daai. Maar hulle pla my…
Ek en my swaer ry terug terug van die Hospitaal af, waar my suster baie siek lê met borskanker (die foto hierbo is van haar). Ons is maar bietjie broos, maar ons probeer. En wraggies daar trek die Spietkop ons af. ‘n Vroue Spietkop. En sy het ‘n houding. En toe sy ons stop; sê my swaer grootoog vir my dat sy kar lisensie verval het. Dinge gaan die laaste tyd so rof, hy kom net nie daarby uit nie.
Wel natuurlik kom die Spietkop by sy venster staan en – met ‘n houding – sê sy: “Meneer Jacobs, meneer Jacobs, you’re lisence has expired.” My swaer sê vir haar dat hy jammer is maar hy kom nou van die hospitaal af, waar sy vrou siek lê met kanker en hy kom net nie daarby uit nie. Ek kan sommer sien die spitekop glo hom nie. Sy skud net haar kop en sê: “Meneer Jacobs, meneer Jacobs.” My swaer is nie links nie en ruk sy foon uit en wys vir haar ‘n foto wat hy ‘n ruk terug van haar geneem het.
En daar gebeur dit… God daag op! In die vorm van ‘n Spietkop. Die Spietkop vat my swaer se hand. Kyk hom in die oë en sê: “May the presence of the Almighty be with her.” Ons almal pik ‘n traan en my swaer soen daai spietkop se hand.
Weet jy wat; daardie gebed van daai Spietkop dra my. Wat meer het ons nodig as dit? “The Presence of the Almighty.” Daai is alles…
Hoe awesome is dit nie? Dit wys jou, die Here gebruik enige iemand. Selfs mense wat ons nie altyd like nie. Dankie vir dit. Sterkte vir julle.
LikeLike
Sterkte Henry – Gerrie het vir ons genoem van jou suster- ons dink aan julle – Hy is altyd daar vir ons. Johann en Hilda
LikeLike
Henri. Niemand kan tussen jou en God kom nie. Jan is my broer. Ht kan jou vertel hoe siek ek was in 2006. Na my operasie was dit my woorde aan n dr. wat die diagnose wat hy gemaak het moes “ontken” God se nie verniet in Sy Woord dat ons Hom moet GLO nie. In alle omstandighede. En als oorlaat aan Hom nie. Groete
LikeLike