Die Spietkop…

Ek hou nie eintlik van Spietkops nie. Hulle pla my. Ja hulle doen goeie werk en al daai. Maar hulle pla my…

Ek en my swaer ry terug terug van die Hospitaal af, waar my suster baie siek lê met borskanker (die foto hierbo is van haar). Ons is maar bietjie broos, maar ons probeer. En wraggies daar trek die Spietkop ons af. ‘n Vroue Spietkop. En sy het ‘n houding. En toe sy ons stop; sê my swaer grootoog vir my dat sy kar lisensie verval het. Dinge gaan die laaste tyd so rof, hy kom net nie daarby uit nie.

Wel natuurlik kom die Spietkop by sy venster staan en – met ‘n houding – sê sy: “Meneer Jacobs, meneer Jacobs, you’re lisence has expired.” My swaer sê vir haar dat hy jammer is maar hy kom nou van die hospitaal af, waar sy vrou siek lê met kanker en hy kom net nie daarby uit nie. Ek kan sommer sien die spitekop glo hom nie. Sy skud net haar kop en sê: “Meneer Jacobs, meneer Jacobs.” My swaer is nie links nie en ruk sy foon uit en wys vir haar ‘n foto wat hy ‘n ruk terug van haar geneem het.

En daar gebeur dit… God daag op! In die vorm van ‘n Spietkop. Die Spietkop vat my swaer se hand. Kyk hom in die oë en sê: “May the presence of the Almighty be with her.” Ons almal pik ‘n traan en my swaer soen daai spietkop se hand.

Weet jy wat; daardie gebed van daai Spietkop dra my. Wat meer het ons nodig as dit? “The Presence of the Almighty.” Daai is alles…

Author: Henri Meyer (vdm)

Ek is 'n doodgewone outjie in Mosselbaai wat die Here wil dien met my lewe...

3 thoughts on “Die Spietkop…”

  1. Hoe awesome is dit nie? Dit wys jou, die Here gebruik enige iemand. Selfs mense wat ons nie altyd like nie. Dankie vir dit. Sterkte vir julle.

    Like

  2. Henri. Niemand kan tussen jou en God kom nie. Jan is my broer. Ht kan jou vertel hoe siek ek was in 2006. Na my operasie was dit my woorde aan n dr. wat die diagnose wat hy gemaak het moes “ontken” God se nie verniet in Sy Woord dat ons Hom moet GLO nie. In alle omstandighede. En als oorlaat aan Hom nie. Groete

    Like

Leave a Reply to Monique Cancel reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s