“Dying is Returning Home…”

Hoe begrawe mens jou suster? Jy kan nie in die banke sit en huil saam met die ander mense nie. Jy moet voor staan en jou liewe suster wat jy so swaar sien doodgaan het begrawe. Ek weet nie…

Maar hier is so iets van wat ek dink ek gaan sê (as ek ‘n woord uitkry). “Dying is returning home…” het Henri Nouwen gesê.

Jy sien ek dink nie ons hoort hier op aarde nie. Ons is nie gemaak vir hier nie. Ons is gemaak vir die hemel, ons huis, die plek waar ons hoort. Dink bietjie daaraan. Toe God die eerste mense gemaak het, het Hy hulle gemaak nie om in ‘n plek te leef waar sonde ons lewe omkrap nie. Nee, Hy het ons gemaak om in ‘n Paradys te leef. Vir ewig saam met Hom. Dis ons huis. Dis ons betsaansoorsprong. Dis ons voorreg. So by the way dis nie ons reg nie.

Die woord sê in 2 Korintiërs 4:18 “Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare dinge is ewig.”

Die Bybel gaan verder en sê; ons bly hier op aarde in ‘n tent, hierdie tent is tydelik, maar ons het ‘n woning by God wat ewig is. (2 Korintiërs 5:1)

Hierdie begrafnis is bitter-soet. Dis baie bitter! Die monster van die dood het ons geliefde suster op ‘n baie jong ouderdom uit ons midde kom wegruk. Maar dis ook soet! Baie soet. Want sien; ek sien ons Vader met arms uigesterk. Hy wag vir haar. Hy hardloop haar tegemoet. “My geliefde dogter, Charlotte, ek het so lank vir jou gewag. Ek is so bly jy is hier. Gou trek vir haar klere aan, sit vir haar ‘n ring aan die vinger. Net die beste vir my geliefde. Hey julle daar, gaan slag die vetgemaakte kalf. My kind het huistoe gekom. Sy is nou hier by my, waar sy hoort. Haar tent waarin sy vir 45 jaar gewoon het is afgebreek. Nou is sy in haar ewige woning. Hier gaan sy Rus en Vrede beleef tot in alle ewigheid…

NS. Die skildery hierbo is van ‘n Egiptiese skilder Kerolos Sawat en is getiteld: “First day in Heaven.”

Author: Henri Meyer (vdm)

Ek is 'n doodgewone outjie in Mosselbaai wat die Here wil dien met my lewe...

6 thoughts on ““Dying is Returning Home…””

  1. Liewe Henri, my hart breek vir jou… dis baie sleg om ‘n geliefde te sien ly en dan finaal te moet groet. My ouboet was sedert verlede jr ook deur die donker dal en het onlangs (hopenlik) sy laaste bestraling gekry. Ek het die kommer en seer saam beleef – deur enkel groot genade is hy gespaar en (hopenlik) genees. Al wéét ons, ons geliefdes is veilig by ons Vader, maak dit die seer van finale afskeid nie minder nie. Heel beste wat ek vir jou kan doen, is BID!! Baie sterkte vir jou wat haar diens gaan lei… wat ‘n voorreg, maar ‘n seer voorreg… 😥

    Liked by 1 person

Leave a comment