A new world of possibilities…

My skoonpa. My geliefde vrou se Vader. Lê in ICU in Rustenburg. Hy het ‘n beroerte gehad. En ons sit hier. Sonder info. Jy kry nie ‘n dokter om met jou te praat nie en die verpleegsters sê maar net wat jy reeds weet. Dis frustrerend. Vrek frustrerend.

Wat beteken dit om in Jesus te glo? Beteken dit dat jy glo dat Hy vir jou aan die kruis gesterf het en dat jy nou kan hemel toe gaan. Ja, natuurlik. Maar sien ons hak daar vas. Dit gaan nie net oor die lewe na die dood nie. Dit gaan oor die lewe hier en nou. Ek sit nou met ‘n issue. Ek is nou bekommerd oor my skoonpa en my vrou. Nou wat nou?

Ek het dit nog altyd “odd” gevind dat Jesus vir Petrus sê hy het klein geloof as hy sink in die see. Ek meen have a heart. Die ou loop op die see. Of as die dissipels bang raak vir die storm op die see. Dan sê hy dieselfde ding. Of die verhaal van Jairus se dogetrtjie. hy sê die pa moet net glo. So asof die pa die kind nou gesond moet glo. So asof dinge afhang van hoe baie of min ek glo. Wel as dit daarvan afgehang het kan ek net sowel ophou bid hoor.

Jy sien Jesus sê verder dat as ons maar net geloof so groot soos ‘n mosterdsaadjie gehad het, sou ons vir hierdie berg kon sê gooi jou in die see. Wat! ‘n Berg in die see. Komaan? regtig Jesus?

Jesus probeer vir ons iets leer. Hy sê vir ons: “My geliefde kind, dit gaan nie oor jou nie, dit gaan oor my. Dit gaan nie oor jou geloof in die uitkoms van jou gebed nie. Dit gaan oor jou geloof in my krag. Dit gaan daaroor of jy glo ek kan iets aan die situasie doen. Net ‘n bietjie geloof in my my geliefde kind. Selfs so min soos ‘n mostersaadjie en ek kan hierdie berg in die see gooi…

Author: Henri Meyer (vdm)

Ek is 'n doodgewone outjie in Mosselbaai wat die Here wil dien met my lewe...

2 thoughts on “A new world of possibilities…”

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: