Fietsryers en Laerskool atlete het iets in gemeen. Nee een van die twee hou baie van deelneem in die reën nie. Ek onthou nog goed toe ek eenmaal ‘n paar jaar gelede ‘n Laerskool atletiek byeenkoms moes open. “Dominee” vra die hoof, “bid asseblief dat dit nie moet reën nie. Jy weet as ons nie hierdie atletiek byeenkoms vanmiddag kan doen die, dan weet ek nie wanneer ons dit gaan inpas nie.” Die woorde van ‘n boer vroeër die week kom toe net daar by my op: “Henri kan ons nie asseblief ‘n biddag vir reën hou nie. Ek weet nie meer water kant toe nie…”
Toe ek vanoggend gaan fietsry en ek reën lekker nat naby Gourits, wou ek net begin kla. Toe dink ek aan daardie dag. As ek bid dat dit nie by die atletiek moet reën nie is die Boere kwaad vir God. As ek bid dat dit moet reën dan is die kinders kwaad vir God. Die arme Here. Hy kan ook niks reg doen die. En ek voel toe vreeslik selfsugtig.
Daai dag toe bid ek maar dat die kinders ‘n lekker atletiek byeenkoms moet hê en die Boere ‘n goeie oes moet hê.
Besef dit tog: Ek, Ek is die Here! Naas my is daar geen ander God nie. Ek maak dood en ek gee lewe. Ek maak siek en Ek maak gesond. Uit my mag word niemand bevry nie. Deuteronomium 32:39
Ai ons as mens is net nooit tevrede nie né…. en dit is so hartseer ek het ook al gehoor “ons bid dat dit net nie vandag moet reën nie vir …..” en intussen sit ons met n droogte op hand. Moet se ek is baie bly dat ek nog nie so mooi moes bid om almal gelukkig te hou nie. Baie dankie dat jy my oë weer vir n slag kon.oopmaak om te besef dat dit nie net ek is wat vir sekere goed bid nie maar dat daar tien talle ander gelowiges gebede ook is wat God hoor. So bly dat ek kan glo God sal dinge op sy tyd sal laat gebeur. Mag God jou seën.
LikeLike