Ek onthou dit nog goed. Ek was ‘n student. Dis soos gister. Ek sit op die blombak se rand voor die Teologie Fakulteit. Met my kop in my hande. Soos daai ‘denker’ beeldjie wat party ouens op hul lesenare sit. Ek het net nie gedink nie. Ek was moedeloos. Ek was nie seker oor die hele dominee ding nie. Ek het getwyfel. Sommer in alles. En so uit die bloute kom daar ‘n ou aan. Hy het sulke “nice” oë gehad met sulke lang krul hare. Nee regtig, dit het gebeur, ek maak dit nie op nie. En hy vra my: “Wat is fout?” Ek vertel hom toe my hele storie, van twyfel en ek weet darem nie of ek ‘n dominee kan word nie en so aan. Hy het geduldig geluister, omtrent niks gesê nie en toe is hy daar weg. wat hy wel gesê het, is dat ek met iemand moet gaan praat daaroor.
Ek besluit toe om met een van my profs te gaan praat. Prof. Jurie Le Roux. Ek het van hom gehou. Hy was ‘n genuine ou. Sy antwoord het my net nogal verbaas. “Ek is so bly as jy twyfel” sê hy toe “want sien, twyfel en geloof is soms soos twee kante van dieselfde muntstuk.”
En so berei ek ‘n preek voor oor Tomas die twyfelaar. En ek kom agter Tomas was eintlik net ‘n genuine ou. Iemand wat baie lief was vir Jesus. Hy was maar net eerlik oor sy geloof. Tomas was die een wat saam met Jesus terug wou gaan na gevaarlike Jerusalem; toe die ander dissipels nie wou nie. Hy was die een wat nie kon verstaan waarheen Jesus gaan nie, toe Hy op die vooraand van die kruispad was. Hy wou die pad daarheen ken, sodat Hy ook kon gaan. En toe Jesus aan sy dissipels verskyn; die eerste maal na sy opstanding, was Tomas nie daar nie. Hulle vertel hom toe. En hy sê “Not a mielies!” “Dit kan nie wees nie.” Hy gaan nie sy hart weer breek nie. Hy sal dit eers glo as hy sy vingers in die merke in Jesus se hande en voete kan indruk.
Kyk bietjie hierdie twee aanhalings:
There is an unhealthy skepticism that refuses to believe, and there is an eager skepticism that wants desperately to believe but is afraid to hope.
Richards, L. (1999). Every man in the Bible (p. 191). Nashville: T. Nelson.
“Doesn’t the same thing also happen to us when something completely new occurs in our everyday life? We stop short, we don’t understand, we don’t know what to do. Newness often makes us fearful, including the newness which God brings us, the newness which God asks of us”
Pope Francis
“Doubt is but another element of Faith.”
Saint Augustine
“Doesn’t the same thing also happen to us when something completely new occurs in our everyday life? We stop short, we don’t understand, we don’t know what to do. Newness often makes us fearful, including the newness which God brings us, the newness which God asks of us” -Pope Francis
Dankie hiervoor!
LikeLike