Soos ‘n man met sy vriend…

Ok; ek erken dit, ek is bang vir Chappies… Dit was die naweek weer die Argus fietsresies of soos dit deesdae bekend staan die Cape Town Cycle Tour. Soos wat die resies aangegaan het en hoe nader ons aan Chappies (Chapmans peake drive is ‘n lang opdraande naby aan die einde van die Argus fietresies) gekom het, hoe angstiger het ek geraak. En sien ons resies is hard, daars nie tyd vir opkyk of met iemand praat of wat ookal nie. Toe praat ek maar met Jesus…

“Here” sê ek. “Ek weet hierdie is nou nie eintlik ‘n belangrike ding nie. Dis net ‘n fietsresies after all. Maar kan ek maar met U praat oor Chappies. U sien Jesus ek wetie of ek dit hierdie jaar saam my groep daar gaan oor maak nie. Ek is ma half bang vir dit…”

En so praat ek toe met Jesus die hele pad oor. En weet jy wat. Ek beleef Hom as naby, luisterend en liefdevol. Hy het dit nou nie hard gesê nie. Maar in my hart, het Jesus gesê: “praat maar Henri, ek is lief vir jou. Wat vir jou belangrik is, is vir my ook belangrik, Ek luister graag.”

Dis toe eers lank na die resies dat ek weer daaraan dink en toe onthoou ek wat in Eksodus 33:11 staan “Die Here het direk met Moses gepraat soos ‘n man met sy vriend.”

Author: Henri Meyer (vdm)

Ek is 'n doodgewone outjie in Mosselbaai wat die Here wil dien met my lewe...

One thought on “Soos ‘n man met sy vriend…”

  1. Dit is so waar Henri! Jesus hoef partykeer nie eens te praat nie jy weet en voel Sy teenwoordigheid! Jare gelede het ek ook die Argus gery maar sjoe ek het van die begin tot die einde gebid! Jesus was al die pad saam met my!
    Jesusliefde
    Hannie Dry

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: