Twee weke terug is ek in Stellenbosch vir ‘n kursus, en soos elke oggend gaan ry ek vroeg fiets. Dit was so ‘n heerlike oggend. Oppad terug waai die wind lekker van agter af. Dit is, so by the way, die laaste ding wat ek onthou. Ek onthou ek het op my Garmin (fiets rekenaar/gps) gekyk en gesien ek ry lekker 55 km/h. Die volgende ding wat ek onthou is dat ek opkyk en ‘n wit hospitaal plafon sien. ‘n Kar het my bo van my fiets afgery. ‘n Ambulans het my kom optel en hospitaal toe gevat nadat ‘n engel gestop het en hulle gebel het (die persoon wat my getref het was te gerattle).
Die lank en die kort van die storie is dat ek niks gebreek het nie. Net erge harsing skudding. En dit het my laat dink…
Hoe is dit moontlik dat ek niks gebreek het nie. Almal is verbaas by die hospitaal. Ek het die kar nogal hard getref. My fiets is flenters. Wel ek dink Ons Vader het my beskerm. Ja regtig. In Psalm 91 staan daar11Hy sal sy engele opdrag gee om jou te beskerm waar jy ook al gaan.12Op hulle hande sal hulle jou dra, sodat jy nie jou voet teen ’n klip sal stamp nie.
Dis die eerste ding. Ek moet nou net gaan uitfigure wat my Vader vir my wil sê. Maar ek dink Hy wil vir my iets sê in die lyn van: “My kind, ek is baie lief vir jou. Meer as wat jy ooit sal besef. Ek gee om vir jou. Ook as jy gaan fietsry. Ek is altyd by jou. Ek het my engele opdrag gegee om jou te beskerm soos so baie ander kere waarvan jy nie eers weet nie. En my kind, ek wil jou nog gebruik hier op aarde. Jou lewe is vir my kosbaar…”
Die tweede ding is: die lewe is baie broos. kyk wat sê Job 7:9 9Soos ’n wolk weggaan en verdwyn, so gaan ’n mens dood en kom nie terug nie… Die lewe kan so maklik weggeneem word. Leef elke dag voluit. En weet God is altyd daar. In die goed en die sleg. Fillipense 4:13 is so mooi in Die Boodskap: “Vir alles in die lewe, die goeie of die selgte, sien ek kans, omdat Jesus my bron van krag is.”
Ons loof ons getroue Vader saam met jou!
LikeLike
Amen
LikeLike
So dankbaar dat jou lewe gespaar is! Dankie vir jou kragtige getuienis liewe Henri!
LikeLike
Jou gewaarwording is reg. God het hou beskerm.
LikeLike