Paasnaweek…

Kersfees is great.  Dan gaan ons kerk toe, eet ons knuppeldik, kry geskenke, dink aan Jesus se geboorte, swem in die see.  Man dis Somer, Son en See.  Braaivleis, Rugby, Sonneskyn en Chevrolet.  (kyk hoe verklap ek nou my ouderdom…)  Selfs mister Bean vier kersfees.

Maar die eintlike magic.  Die groot tyd in die jaar; is nou.  Paasfees is eintlik die punt.  Sonder Paasfees sou Kersfees geen betekenis hê nie.  As Jesus net gebore was en nooit gesterf, begrawe is en opgestaan het nie.  Was daar niks.

Miskien is Paasfees te heavy vir die mens.  So heavy soos Notre Dame wat afgebrand het.  Dis mos baie lekkerder om oor geboorte te juig.  Niemand wil mos oor brand en dood en sulke dinge praat nie.

As kind het ons gewoonlik paasnaweek iewers heengegaan.  Vakansie gaan hou.  Ons het nooit regtig kerk toe gegaan nie.  Maar nie Kersfees nie.  Kersfees was ons in die kerk, of ons nou by die see was of waar ookal.

More is dit Stil Donderdag.  Jesus eet die laaste Avondmaal saam met sy dissipels.  Hy word gevange geneem.  Vrydag word Hy gekruisig.  Hy sterf Vrydag.  Omdat Hy wil…  Dan kom dit!  Die eintlike dag.  Die groot dag.  DIE GROOTSTE DAG.  Sondag.  Jesus het opgestaan.  Hy Lewe!  Ons kan lewe!

As daar ooit ‘n tyd in die jaar is dat ek wil kerk toe.  Dan is dit hierdie naweek.

“Dankie Jesus. Dankie dat U aan die kruis gehang het.  Vir my.  Ja, stukkende, sondige, useless ou my.  Dankie Jesus.  As U aan die misdadiger wat langs U gehang het genade kon gee.  As U die spul wat U daar gehang het kon vergewe.  Dan kan U my ook mos:  liefhê, vergewe, na luister en al die mooi dinge wat U vir my so gereeld doen, en reeds gedoen het. Amen”

Johannes 10:17–18 (AFR1983) 17“Die Vader het My lief omdat Ek my lewe aflê om dit weer op te neem. 18Niemand neem dit van My af nie, maar Ek lê dit uit my eie af. Ek het die volmag om dit af te lê, en Ek het die volmag om dit weer op te neem. Dit is die opdrag wat Ek van my Vader ontvang het.”

Author: Henri Meyer (vdm)

Ek is 'n doodgewone outjie in Mosselbaai wat die Here wil dien met my lewe...

2 thoughts on “Paasnaweek…”

  1. Ek het in die week ‘n kosbare stuk gelees wat my in die hart gegryp het. Die gedeelte sê dat God geen kompromie getref het of sy standaarde verlaag het of die eise en die pyn minder gemaak het omdat dit Sy seun was wat moes sterf nie. Die aangrypende is dat dit voluit pyn, veroordeling smart en ellende was. So Jesus se sterfte het volledig gebeur sodat ons die Vryheid en heerlikheid kan ervaar. en ja Henri ek stem saam…. dis waarom ek wil kerk toe gaan die naweek!

    Like

Leave a reply to Ewald Crause snr Cancel reply