Ek het so ‘n ruk terug ‘n boek van Phillip Yancey gelees; “What’s so amazing about Grace?” Dis ‘n goeie boek hoor . Dit het regtig vir my iets beteken. In die boek vertel hy van ‘n vriend wat vir hom ‘n poskaart stuur met die woorde op: “I am the one Jesus loves.”
Hy sê die vriend het ‘n konferensie bygewoon waar die aanbieder gepraat het oor Johannes die dissipel van Jesus. En hoe daar van Johannes in die Bybel gepraat word as: “The one Jesus loved.” (Johnannes 20:1–2 (AFR1983) 1Die Sondagmôre vroeg, toe dit nog donker was, kom Maria Magdalena by die graf en sien dat die klip van die graf af weggerol is. 2Sy hardloop toe en gaan na Simon Petrus en na die ander dissipel toe vir wie Jesus baie lief was, en sê vir hulle: “Hulle het die Here uit die graf weggevat, en ons weet nie waar hulle Hom nou begrawe het nie.”)
Hy gaan toe verder en sê dat elkeen van ons nou eintlik daardie dissipel is. Wie ek? Kan mosie wees nie. Dit was net Johannes, ek meen, hy was special.
Wel jy sien die punt van Phillip Yancey se boek is dat dit alles oor genade gaan. God is ‘n God van genade. Ons kan net genade leef en gee as ons dit kan vat.
Wel jy sien die punt van God se boek is ook lyk my genade. Dink aan die gelykenis van die Verlore Seun. Waaroor gaan dit? ‘n Seun wat wegloop en terugkom? Nee! Dit gaan oor ‘n Vader, ‘n genadige liefdevolle Vader, wat nie eers die outjie kans gee om te verduidelik nie. Hy sien hom vêr aankom. Omhels hom, soen hom, trek vir hom klere aan en hou ‘n groot feesmaal vir hom. Hierdie gelykenis vertel die verhaal van ‘n Vader wat sê: “Jy is die dissipel die een, vir wie ek baie lief is. My kind, ek is so bly oor jou, ek wag vir jou, ek gaan jou nie veroordeel, laat sleg voel, eenkant skuif nie. Ek sê weer; Ek is lief vir jou. Ek is jou liefdevolle Vader…”
Ek wou dit al destyds aanskaf. Lyk my dis nou tyd daarvoor
LikeLike
Dis regtig die moeite werd hoor
LikeLiked by 1 person
Dankie Henri het dit ook nodig om my daaraan te herriner hoeveel genade ek elke dag ontvang. AMEN daarop.
LikeLike