Die werk van U vingers…

Die laaste tyd gaan dit nogal rof.  Dit voel of die lewe die heeltyd houe uitdeel. Harde aanhoudende houe.

Ek gaan ry toe vanoggend kwart voor vyf fiets.  My training partner is nie hier nie, so ek was op my eie.  Dis donkler daardie tyd van die oggend.  Ek ry op ‘n grondpad tussen die plase met ‘n lig.  En toe stop ek.  En dit was amazing.  Die sterre was so mooi; dit het gevoel of ek hulle een vir een kan pluk.  Die melkweg was so helder dat ek gevoel het ek kan daarin gaan swem.  Net ek alleen, êrens baie vroeg in die oggend, in die donker op ‘n grondpad.  En daar daag my opgestane Here op.  Vir my.  Net vir my…

Ek kyk na die amazing helder sterre bo my en ek dink.  Ek dink aan hoe groot God is.  Hoe naby Hy is.  Hy is net so geweldig soos die maan en sterre en als, maar Hy is baie naby.  En ek dink aan Psalm 8.  Veral die woorde “Here onse Here, hoe wonderbaar is U naam oor die hele aarde.”  En ek begin sommer met God te praat oor alles.  En ek bid vir my vrou en kinders, en my skoonpa wat so swaar ly.

Kyk net hoe mooi is die woorde van Psalm 8:4–10 (AFR1983)

4As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre waaraan U ’n plek gegee het,

5wat is die mens dan dat U aan hom dink, die mensekind dat U na hom omsien?

6U het hom net ’n bietjie minder as ’n hemelse wese gemaak en hom met aansien en eer gekroon,

7U laat hom heers oor die werk van u hande, U het alles aan hom onderwerp:

8skape en beeste, alles; selfs die diere in die veld,

9die voëls in die lug, en die visse in die see wat die oseane deurkruis.

10Here, ons Here, hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde!

Author: Henri Meyer (vdm)

Ek is 'n doodgewone outjie in Mosselbaai wat die Here wil dien met my lewe...

3 thoughts on “Die werk van U vingers…”

  1. Dit móés ń ongelooflike gevoel gewees het op daardie grondpad, daardie tyd van die dag!!! 🙏

    ⁣Wessel Vosloo ​

    Like

  2. Dankie, Henri vir jou positiewe gedagtes. Laat my ook weer besef dat daar SO baie is om voor dankbaar te wees!!

    Like

Leave a comment