Die liefde vergaan nooit nie….

Ek is hier in Thabazimbi vanoggend. Die amazing Bosveld. Maar, ek is hier vir ‘n hartseer dag. Ek moet my skoonpa, my vroutjie se geliefde pa, vandag begrawe. Dis die tweede naby ene wat ek in vier maande moet begrawe. Net so ‘n rukkie terug was dit my liewe sussie…

Maar, ek wil nie hê jy moet huil nie. Ek wil jou iets amazing vertel.

Gisteraand gaan ons Spur toe. Oh my word ek was lanklaas in die Spur. Toe ons daar aankom en ek parkeer met my Pa se grand kar. My ouers het saamgery Thabazimbi toe. Is daar twee seuns seker so 10 of 11 jaar oud. Hulle wys ons waar ons moet parkeer en vra of hulle die kar kan oppas. Die enetjie het so ‘n geel t-shirt aan. Sy arms is binne in die geel t-shit ingedruk, want dis koud hier hoor. En ons gaan eet lekker Spur kos in ‘n warm Spur.

Ek dink toe aan die storie wat my swaer uit Australië uit aangestuur het oor my skoonpa. Hy sê dat eendag, toe hy nog ‘n kind was, het hulle by ‘n KFC gestop. Buite het ‘n ouerige swart man gesit. Toe hulle uitkom het sy pa vir die swart man ‘n pakkie kos gekoop. Verbaas kyk die man op, want hy het nie gebedel nie. “Hoekom het jy vir hom kos gekoop pa?” Ek haal aan uit Christo se brief uit Australië: “Die man is baie oud, lyk asof hy al baie hard gewerk het en sal nou sukkel om te werk, hy het ‘n harde lewe gehad. Hy het nie gebedel nie en het niks verwag nie. Die man het gelyk asof hy honger was”. Dit is al wat hy gesê het, maar dit het my geleer om goed te wees vir ander mense, maak nie saak wie hulle is nie.

1 Korintiërs 13 sê die liefde vergaan nooit nie…

Iemand het eendag vir my gevra of ek al ‘n lykswa met ‘n Venter sleepwaentjie aan gesien het? Mens kan niks saamvat nie, sê die ou…

Ek het agtergekom dis nie heeltemal waar nie. Daar is iets wat jy saamvat hemel toe. Daar is iets wat nooit vergaan nie. Liefde. My vrou se liefde vir haar pa sal nooit weggaan nie. Haar pa se liefde vir haar ook nie. Sy legacy van liefde sal bly staan. En hopelik sal ons aanhou om soos hy skatte in die hemel bymekaar te maak.

En weet jy wie se Legacy staan die sterkste? Jesus sin…

Author: Henri Meyer (vdm)

Ek is 'n doodgewone outjie in Mosselbaai wat die Here wil dien met my lewe...

6 thoughts on “Die liefde vergaan nooit nie….”

  1. Henri jy weet dat Jesus niks oor jou pad sal laat kom wàt jy nie sal kan hanteer nie. Ons weet ook dat jy n sagte hartjie het so dis okei om trane te stort en hartseer te wees. Maar wees verseker dat Jesus die hele tyd langs jou en Cariena staan.
    Baie lief vir julle en kom veilig tuis.
    Hannie & Taubie

    Like

  2. Ds Henry. Jou boodskappe is Altyd so vol inspirasie. Dankie daarvoor. Ek bid vir julle in die hartseer tyd. En dat Jesus julle veilig terug sal bring.

    Like

  3. Hoop dit gaan goed met die “trappende”dominee. Dankie vir die aanmoedings.
    Seënswense vir 2022
    Robert Edson (Genadendal)

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: