Jesus se woorde is partymaal moeilik vir my. Ek het partymaal nie ‘n clue wat Hy probeer sê nie.
Hierdie woorde van Hom byvoorbeeld in Johannes 12:24: “Dít verseker Ek julle: As ’n koringkorrel nie in die grond val en sterwe nie, bly hy net een; maar as hy sterwe, bring hy ’n groot oes in.”
Dis sy woorde en dan is daar die dinge wat Hy doen en gedoen het. Dis partymaal vir my net so confusing. Wel môre is dit hemelvaartdag. Hoekom het dit gebeur? Hoekom het Jesus in die hemel opgevaar? Vir die eerste keer sien ek die duidelike korrelasie tussen Jesus se hemelvaart en sy woorde oor die koringkorrel wat in die grond val en sterf.
Ek sien die saak so. Of miskien moet ek sê, ek begin die saak so te sien. Want, dis moeilik, confusing, en ek wil dit so graag verstaan, want ek weet dis belangrik. Baie belangrik.
Kom ons sê Jesus het op aarde gebly. Hy het nie gesterf nie, nie uit die dood opgestaan nie en nie opgevaar na die hemel nie. Wel, dit sou eintlik nogal nice gewees het. Hy sou seker êrens in Jerusalem gebly het. Ek sou soontoe kon gaan, in ‘n lang ry staan en Hom allerhande dinge kon vra. Wie weet miskien sou Hy selfs vir ‘n siekte kon bid. Maar ek dink jy sien saam met my die punt. Dis nie Jesus nie. Hy is groter as dit. Waar is Hy? In Jerusalem? Ja, maar ook hier en daar en orals waar ek en jy kom.
As Jesus nie gesterf het nie, sou Hy seker famous gewees het. Ons sou boeke oor Hom kon lees. Ons sou na ‘n museum kon gaan. Wie weet; Hom selfs in persoon kon ontmoet. Maar toe sterf die Koringkorrel. En dit bring ‘n groot oes in.
Jesus was ‘n mens. Op een plek. Ons kon Hom uitfigure, Hom verstaan. En toe sterf Hy en staan uit die dood op. Hy vaar in die hemel op. Hy word soveel meer as wat Hy was. Hy is nou in alles en alles is in Hom.
Dis nou baie beter. Dis nou baie moeiliker. Want, weet jy hoe lyk sy liggaam nou? Dis ons…
Wouw, so bly jy kon uit figure. So mooi gesê, daardie laaste 2 paragrawe.
LikeLike
Toe die lig vir Paulus verblind oppad na Damaskus en Paulus vit die stem vra wie dit is, sê Hy, dit is Jesus. Jesus het weer Gees geword. Nou kan Hy in ons leef en deur ons leef en so is ons Sy broers en susters. As mens was Hy by ons, nou is Hy in ons.
LikeLike