Wat ‘n God!

Ek was laas naweek in die Kalahari.  Ons het gaan skape haal vir ons Basaar.  Weer ‘n keer is ek amazed!  Die natuur is stunning.  Daar is niks soos dit nie.  Hoekom het God dit gemaak?  Hoekom het God dit so perfek, beautifull, amazing gemaak?  Die diere!  Die sonsondergang met duisende kleure wat in die hemelruim speel.  God se skildery vir ons.  Nie eers te praat van die sterre wat so helder en naby is, dit voel of jy tussen hulle rondloop.  Hoekom het God dit alles so mooi gemaak?

Het het dit so mooi gemaak sodat ons in verwondering kan staan.  Sodat ons verwonderd kan wees.  Nie in die mooigeit van dit alleen nie.  Die misterie van hierdie asemrowende natuur, lê nie net in dit self nie.  Dit wys na iets.  Dit wys na iemand!  Dit wys na Hom.  Ons Vader!  Ons Vader wat dit alles GOED gemaak het.  Dink bietjie daaraan.  Hoe amazing moet die een wat dit alles gemaak het nie wees nie.  As die natuur jou asem wegslaan met sy skoonheid en harmonie en goedheid.  Hoeveel te meer sal God nie jou asem wegslaan nie.  Hy het dit alles gemaak.  Goed gemaak.  Hy het dit gemaak sodat dit na Hom sal wys.  Sodat dit ons sal help om te verstaan.  Hy, die Vader, Seun, Heilige Gees is goed.  Hy sorg vir alles.  Hy het nog altyd, Hy sal ook altyd.  Hy is die Alfa en die Omega.  Die begin en die einde…

Weet jy wat.  Daar is nog iets.  God het vir jou gemaak.  Daar staan in die Bybel in Genesis 1:26 dat God ons na sy Beeld gemaak het.  Daar staan eintlik:  “Kom ons maak die mens, as ons verteenwoordiger, ons beeld…”  Sien jy dit:  na ONS beeld sê God.  Jy en ek het die beeld van ons liefdevolle Vader, die passievolle Jesus en die sagte naby-wees en in-ons-woon-wees van die Heilige Gees.  Ons is goed.  Ons is deel van God.  God is deel van ons.  Jy is mooi.  Jy is amazing.  Jy is na die beeld van God geskep.  Jy wys ook na God.  Mense sien Jesus in jou raak.  Net net omdat jy is wie jy is nie….  Maar veral, omdat God is wie Hy is.

Author: Henri Meyer (vdm)

Ek is 'n doodgewone outjie in Mosselbaai wat die Here wil dien met my lewe...

3 thoughts on “Wat ‘n God!”

  1. WOW! Dis so ongelooflik mooi gesê. Dankie Henry, ek kan nou weereens glo ek is ook na God se beeld gemaak, beteken vandag weer so baie vir my.

    Like

Leave a comment