Ek lees hierdie term raak – “Downward Mobility”. Dadelik trigger dit my. Wat beteken dit. Veral as jy dit in die konteks lees waarin Ricahrd Rohr dit skryf. Richard Rohr sê dat dit veral iets is wat Jesus ons kom leer het.
Ons vat hierdie term moeilik. Ons is nie so geleer nie. Ons is geleer van “Upward Mobility”. Jy moet opklim in die lewe, nie afklim nie. Jy moet ‘n sukses maak. Jy moet geld maak. Die ou clichè van ‘n huis met ‘n swembad en ‘n kar. En nou…. Nou kom Jesus en Hy draai die ding op sy kop. Hy is nogal goed daarmee.
Jesus sê dat as jy regtig suksesvol wil wees in sy oë dan moet jy eerder iemand se dienskneg word. As jy regtig groot wil wees in God se oë, moet jy soos ‘n kindjie word. Moenie vir jou goed opgaar nie sê Hy. Jy kan nie God en mammon (die god van geld) dien nie, sê Hy. Wie eerste wil wees moet laaste wees.
In Richard Rohr se eie woorde: “The pure spiritual genius of Jesus is that he succeeds in offering us a fully descending worldview – which is ironically and surprisingly, even to us, the only real ascent”
Jy sien ek dink om regtig ‘n kind van Jesus te wees. Is “counter culture”. Dit is teen die norme van hierdie wêreld. Dit beteken om die minste te wees. Om liefde eerste te stel. Om te vergewe. Om genadig te wees. En dis moeilik hoor. Dis moeilik om so te leef. Dis moeite. Dis baie makliker om op mense te trap en net vorentoe te voeter. Die pawiljoen klap dan vir jou hande. Kyk hoe suksesvol is daai ou sê hulle. Het julle gesien Pieter het alweer ‘n nuwe huis gekoop. Het julle sy kar gesien. Marie se besigheid is mean hoor, sy maak net geld…
Dis seker net swaar vir jou om dit te vat soos dit vir my is om dit te skryf. Maar dis ongelukkig nie die goed wat vir Jesus beïndruk nie. Die dinge wat Hom opgewonde maak is ander tiepe skatte. Dit is skatte in die hemel, en dit lyk anders. Baie anders…
16“So sal die laastes eerste wees, en die eerstes laaste.”
Die Bybel Nuwe Vertaling. (1998). (electronic ed., Mt 20:16). Cape Town, South Africa: Bybelgenootskap van Suid-Afrika.
Nice Henri, dit is iets waaraan ons elke dag herinner moet word! Seënwense!
LikeLike
Terwyl ek wag vi my koffie potjie op die gas stofie by die punt lees ek die stukkie van jou en besef dis moeilik om in vandag se tyd te doen wat Jesus beindruk….want dit druis direk in met die wereld se dinge en sy mense.
Ek vra myself af….sou Jesus dit doen,sou Jesus trots wees daarop en is ek die man wat Jesus wil he ek moet wees.
Eerlikwaar het ek nog nie by n “ja” gekom nie want dis n storm en uitdaging op sy eie.
LikeLike
Kosie ek voel ok so
LikeLike