Jare terug het ek iemand leerken. Sy hele lewe was gefokus op God. Maar, dit was nie altyd so nie. Toe ek hom oorspronklik leerken het was hy nie daar nie. Hy het issues gehad met baie dinge, onder andere dwelms. Sy lewe was maar deurmekaar. En toe… Toe verander alles. Hy word ‘n kind van God. ‘n Baie passievolle kind van God. dis al waaroor hy gepraat het, dis al wat hy wou doen. Hy was totaal gefokus.
Ek vra hom toe eendag, Drickus; wat het met jou gebeur? En hy sê: “Henri, jy ken mos daai storie wat Jesus vertel het van die man wat die skat in die saailand gevind het? Wel daai man is ek. Ek het die skat gevind. Ek het alles verkoop, net soos daai man, om daardie skat te kan kry. En nou, nou is dit my waardevolste besitting.”
Ek dink baie terug aan Drickus (ek dink nie hy sal omgee as ek sy naam gebruik nie). Ek het kontak met hom verloor. Hy was iemand wat die waarde van God se Koninkryk verstaan het.
Iemand sê die week vir my dat al wat sy eintlik wil hê is om gelukkig te wees. Wat is geluk? Wat moet jy doen om waarlik gelukkig op hierdie aarde te wees?
Dink ‘n bietjie daaroor? Wat maak my gelukkig? Min dinge? Een ding? Sê nou ek kan ‘n boks voor jou neersit en jou vra om jou waardevolste besitting in daardie boks te sit. Maar, dit mag net een ding wees. Wat sal jy daar insit?
Jesus sê: 19“Moenie vir julle skatte op aarde bymekaarmaak waar mot en roes dit verniel en waar diewe inbreek en dit steel nie. 20Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar, waar mot en roes dit nie verniel nie en waar diewe nie inbreek en dit steel nie. 21Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.” (Mt 6:19–21)
Groot waarheid wat ons almal by herhaling moet hoor!
LikeLike