Ek is goed genoeg…

“I am the prodigal son every time I search for unconditional love where it cannot be found.” 

Henri J.M. Nouwen, Return of the Prodigal Son

Hierdie aanhaling uit Henri Nouwen se boek oor die verlore seun het my weer tussen die oë getref.  Ek is daai ou.  Die een wat altyd aanvaarding soek.  Die een wat glo ek is nie goed genoeg nie.  Die een wat nodig het om homself altyd te bewys.

Is dit nie maar presies die verlore seun se issue gewees in Lukas 15 nie.  Wou hy nie maar die huis verlaat, om te gaan bewys hy kan dit op sy eie maak nie.  En o jinne het hy gefaal.  Net soos ek.

Ek kyk rondom my en ek sien dieslefde ding in mense rondom my.  Ons is almal so.  Brenè Brown sê dit is in ons DNA.  Dit is vir ons belangrik wat mense van ons dink.  Dit is vir ons belangrik wat mense oor ons sê.  En dan?  Dan jaag ons goed na.  Hoeveel keer het ek nie al gedink, “O jinne ek wonder wat gaan die manne sê as met daardie bakkie daar opdaag nie.”  Of selfs: “My pa gaan my meer liefhê/aanvaar as ek net daardie werk kan kry.”  Of miskien:  “Sy sal meer van my dink as ek net hierdie of daardie kan verander in my lewe.” of “Ek kan darem nie so daar opdaag nie.”

Die gelykenis van die Verlore Seun leer ons iets ander.  Dit leer ons dat daar ‘n liefdevolle Vader is.  ‘n Vader wat ons nie judge nie.  ‘n Vader wat vir ons wag.  Oppad na hom toe dink ek al my speech uit.  Maar Hy stel nie belang nie.  Hy wil dit nie hoor nie.  Hy aanvaar my soos ek is.  Presies net soos ek is.  Al het ek Hom hoe seergemaak en hoe teleurgestel.  Dit is as ek leef met hierdie liefde diep in my hart, dat ek rustig kan raak.  My Vader het my lief, ek hoef nie die heeltyd te probeer om dit te bewys nie.  Nie aan Hom nie, nie aan mense nie. Nie aan my aardse pa nie, nie aan my vrou of man nie.  Ek is goed genoeg vir God.  Meer as goed genoeg.

Ek sal baie maal vir mense sê ons moet ons hart vir Jesus gee.  Maar, toe dink ek.  Hy het eintlik sy hart vir my gegee.

En dit, dit is genoeg…

Jesaja 49:15 (AFR1983). 15Kan ’n vrou haar eie baba vergeet, haar nie ontferm oor die kind wat sy in die wêreld gebring het nie? Selfs al sou so iets kon gebeur, Ek sal jou nie vergeet nie.

Author: Henri Meyer (vdm)

Ek is 'n doodgewone outjie in Mosselbaai wat die Here wil dien met my lewe...

One thought on “Ek is goed genoeg…”

  1. Dit was vir soveel jare my probleem: Never Good Enough. Toe het God vir my waarheid gebring in ‘n TPM sessie dat ek vir Hom goed genoeg is, dat Hy vir my elke keer wat ek uitgesluit gevoel het omdat ek nie goed genoeg was nie, iets anders gegee het waarin ék goed was. Wat ‘n genade. Dis snaaks, maar Satan sukkel deesdae om dáárdie kaart vir my te gooi, hy probeer nou weer op ander maniere. Ons God is so groot en wonderlik en ken ons so goed.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: