Die Groot fees…

Dis nou al baie lankal dat Psalm 23:5 met my praat.  “U laat my by ‘n feesmaal aansit…”  Wat is dit?  Hierdie feesmaal?  Is dit as ons eendag hemel toe gaan?  Of het dit net met Dawid te doen?

Dis eers toe ek Timothy Keller se boek: “Prodigal God” lees dat dit vir my oopgegaan het.  Dink jy nie dis ‘n weird titel nie?  Prodigal God?  Dis mos nie reg nie?  In Afrikaans sal dit wees “Verlore God”?  Dit kan mos nie reg wees nie?  Maar dan kom hy en hy verklaar die woord Prodigal.  As ek in Google indruk; “meaning Prodigal” . Dan gooi Google uit:  “spending money or using resources freely and recklessly; wastefully extravagant.”  Is dit nie wat God gedoen het nie?  Die verlore Seun het dit gedoen ja, vir homself.  Maar die Vader in die gelykenis “spends himself recklessly” op die seun en op ons.

Kom ons gaan terug na die fees ding.  Toe die jongste seun terugkom, dis nou die verlore een, die prodigal een.  Die een wat al sy pa se geld en vertroue en als net so vir die varke gegooi het.  Toe hy terugkom.  Wat doen die pa?  Hy hou ‘n fees.  ‘n Groot fees. ‘n Slag die vetgemaakte kalf, sit ‘n ring aan sy vinger, nuwe skoene, nuwe klere fees.  Hy is prodigal met sy liefde.  Hy stort alles op die seun uit.

Kyk wat is die punt hier.  Die pa hou ‘n fees.  Vir wie?  Vir die seun, vir ons.  En ons is ook by die fees.  Die fees is die metafoor van die lewe as jy ‘n gelowige is.  Jy leef, jy vier fees.  Jy eet en drink en dans en lewe.  Wat eet jy?  Die brood van die lewe.  Dit maak jou versadig, dit laat jou groei.  Wat drink jy?  Die nuwe wyn.  Dit les jou dors.

Jy sien die lewe saam met God is ‘n fees.  Hy, God die Vader het die fees gereël.  Hy nooi ons na die fees toe.  Om saam met ander fees te vier.  Om die lewe, hier waar ons is, nou, te leef as sy kinders.  Hy slag vir ons die vetgemaakte kalf, sit ‘n ring aan ons vingers, trek vir ons klere en skoene aan, die beste.  Die Vader is vol liefde en vreugde oor ons.  Ons moet die fees leef.

17Die Here jou God is by jou,

Hy, die krygsman wat red.

Hy is vol vreugde oor jou,

Hy is stil-tevrede in sy liefde.

Hy jubel en juig oor jou

Sefanja 3:17

Die Bybel Nuwe Vertaling. (1998). (electronic ed., Zep 3:17). Cape Town, South Africa: Bybelgenootskap van Suid-Afrika.

Author: Henri Meyer (vdm)

Ek is 'n doodgewone outjie in Mosselbaai wat die Here wil dien met my lewe...

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: