Dawid en Goliat…

Die storie van Dawid en Goliat lees ‘n mens in 1 Samuel 17.  Dis ‘n lekker storie.  Dit laat my dink aan die fliek Troy.  Die twee weermagte staan teen mekaar.  Ek dink dit was Troy teen Sparta.  Daar kom ‘n reuse ou van Sparta af tussen die manne uitgestap.  Hy lyk soos the Rock, net groter.  Almal cheer hom.  Dan vra die koning van Troy, bring vir Achiles.  Maar Achiles is nie daar nie.  Hy steur hom nie aan konings nie.  Hulle gaan haal hom in sy tent.  Hy kom aangeloop.  Hardloop dan na die ou grote toe.  Spring op en met een beweging en baie selfvertroue steek hy die reus in die nek.  Morsdood!

Maar toe ek nou so ‘n bietjie na die verhaal in die Bybel gaan kyk.  Kom ek agter.  Dis gladnie dieselfde nie.  Hierdie storie is nie die verhaal van Brad Pitt nie.

Daar is Dawid, die Israeliete en die Reus.  Watter een is ek? Seker maar Dawid.  Maar, dan besef ek, nee jinne ek is nie Dawid nie.  Ek het nie sy guts nie.  Dink ‘n bietjie daaraan.  Almal se oë is op jou.  As jy nie die ou wen nie, gaan ons die oorlog verloor.  Ek gaan miskien dood wees, maar die skande oor my naam gaan huge wees.  Wat van my legacy, my vrou, my kinders.  Nee, ek weet darem nie of ek Dawid is nie.  Ek wil graag hy wees, maar ek weet darem nie.  Maar, in dieselfde asem maak Dawid darem ook baie droog later in sy lewe en dit laat my beter voel oor myself.  Die Bybel sê hy was ‘n man so na die hart van God.  Wat maak hom special?

Dan is daar die Israeliete.  Hulle is die lafaarts.  Ek is darem nie soos hulle nie.  Is ek nie?  Toe besef ek, maar ek is.  Soos hulle.  Net soos hulle.  Ek is bang.  Partymaal die heeltyd.  My geloof is swak.  ‘n Reus of reuse styg die heeltyd voor my op.  Dis goed soos geld, skuld, mense, die land en sy politiek, die dood.  Ag daar is te veel om op te noem.  En Jesus sê vir my toe Hy op die water loop:  Matteus 14:27 (AFR1983)27Maar Jesus het dadelik met hulle gepraat en gesê. “Wees gerus, dit is Ek. Moenie bang wees nie.”

En dan is daar die reus.  Nee come on.  Ek kan darem nie die reus wees nie.  Ek meen, hy is die vyand.

My dogtertjie Carla is baie ernstig oor die omgewing.  Ek moes vir haar ten duurste Stainless Steel strooitjies op Yuppie Chef koop.  Want, strooitjies vernietig die seelewe sê sy.  Is sy nie great nie.  Dis sy wat my help verstaan het.  As ek nie soos sy omgee nie, raak ek die vyand.  Die groot ou Filistyn wat dinge vernietig.  Is ons nie die aarde se grootste vyand nie.  En hoe is ek die vyand as ek so negatief raak en my land se sleg sê.  Hoeveel maal was ek nie al my eie grootste vyand nie.  O my jinne, ek is ‘n Filistyn.

Sjoh, nou wat nou?  Ek dink ek moet teruggaan na Dawid toe.  Inspirasie by hom kry.  Hy het gesê: 1 Samuel 17:37 (AFR1983) 37Verder het Dawid gesê: “Die Here, wat my gered het uit die kloue van die leeu en uit die kloue van die beer, Hý sal my red uit die mag van hierdie Filistyn.” Toe sê Saul vir Dawid: “Gaan, en mag die Here by jou wees.”

En Jesus?  Wat sê Hy? Matteus 10:29–31 (AFR1983) 29“Is twee mossies nie vir ’n sent te koop nie? En tog sal nie een van hulle op die grond val sonder die wil van julle Vader nie.30Van julle is selfs die hare op julle kop almal getel.  31Moet dan nie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies.”

 

Author: Henri Meyer (vdm)

Ek is 'n doodgewone outjie in Mosselbaai wat die Here wil dien met my lewe...

One thought on “Dawid en Goliat…”

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s