Ek het die afgelope week by my liewe Ma en Pa gekuier. Dit was heerlik. Hulle bly op ‘n kleinhoewe by Onderstepoort, so jy moet ‘n stuk grondpad ry om by hulle uit te kom. Ek wil mos elke dag gaan fietsry, nou is die gondpad ‘n issue. Op die punt van die grondpad is daar myn. Ek ry dan maar met die bakkie met my fiets agterin tot by die myn. Daar los ek my bakkie by die sekuriteitswag en ry dan my draai op my fiets. Dis toe dat ek te doen kry met Mandla.
Mandla het sulke skeel ogies en hy kom skaam skaam aangestap saam sy vriend en vra: hoe die fietsry ding dan nou werk. Na ‘n ruk, vertel ek toe nou maar vir die twee van my trip van Thabazimbi na Mosselbaai. “Ek samel geld in vir die mense wie se huise deur vloede platgevee is” sê ek vir hulle. “Hoe vêr gaan jy ry?” Vra hulle. “1400 km sê ek.” Hulle kyk my met groot oë aan. En daar raak ons aan die gesels oor die Here en oor hoeveel mense vir hulle al gehelp het en hoe belangrik dit is om ander te help. “Sal julle manne onthou om vir my te bid” vra ek. Met ‘n belofte van gebed van die twee af, en ‘n hart wat goed voel oor hoe die Here hierdie fiets ding tot sy eer gebruik, is ek daar weg.
Vanaand is ek in Thabazimbi. Ek is hier in my skoonpa se huis wat ‘n paar maande terug gesterf het na ‘n beroerte. Mandla het my suster geken en my vertel van al die dinge wat sy vir hom gedoen het. Sy is ses maande terug oorlede. En hier begin hierdie pelgrimstog. ‘n Rit ter eer van die Here, om geld in te samel vir die mense in Mosambiek en om my te help om tot verhaal te kom na hierdie baie rowwe jaar.
Ek gaan elke dag ‘n post probeer maak. Van more af tot die 15de September as ons in Mosselbaai aankom. Ek hoop jy beleef die reis saam met my. Ek sien uit om dit met jou te deel. Onthou om te subscribe tot hierdie blog as jy dit wil ontvang.
Sterkte Henry!
Ry veilig en geniet dit ook🚴♂️
LikeLike