Vandag se trip het gegaan oor mense. Verkillende mense, verskillende kleure, tale, plekke. Kom ek vertel jou. Ons het vanoggend in Thabazimbi weggespring by ‘n baie groot grawer soos Pierrie dit genoem het. Ons moes daar wegspring want Pierrie se laaitie is mal oor grawers. So daar is eers foto’s geneem vir Daniel.
En toe pak ons die lang tog aan. Bang en onseker, want soveel mense het ons gewaarsku. Die pad is baie sleg hoor. Mens gaan deur die ou Boputhatswana. Julle moet baie versigtig wees hoor. Die pad is vol gate. Die mense is gevaarlik. Wel was ek nie heerlik verras deur al die swart mense langs die pad nie. Almal was vriendelik. Almal het gewaai. Gegroet. Pad gemaak. Vrolik toeter geblaas. Dit was te heerlik.
Ons trek toe in Rustenburg in. Dis ‘n bietjie sad daar. Mens kan agterkom iets het die dorp getref. Vader wees hierdie mense genadig, gee hulle weer hoop.
Van daar is ons verby Derby oppad Ventersdorp toe. Ventersdorp, ek was nog nooit hier nie. Al wat ek eintlik van Ventersdorp weet is dat Eugene Terreblanche hier gebly het. So 5 km buite die dorp het ‘n groepie ons ingewag. Ds. Coenie, sy vrou, Irma die skriba en haar dogter. Amazing mense. En toe kom Danie en Jannie daar aan om saam met ons in te ry met hulle fietse. Kom ons begin met Jannie, die haarkapper in die dorp en die horlosie maker. Maar wat Jannie interesant maak is sy stories oor sy Skilpaaie. Hy wys vir ons foto’s van hulle en hoe die wyfie eiers lê in sy tuin. Hy praat metsoveel passie oor hierdie skilpaaie van hom en God se wonderlike natuur.
Irma die skriba. Sy is amazing. Sy reël vir ons ‘n gratis oornag plek by oom Danie en sy vrou se gastehuis. ‘n Gratis ontbyt by die Wimpy half sewe more oggend. Maar dis nie al nie. Sy het gereël dat hulle gemeente ‘n Sondag of wat terug Helium balonne in die lug laat opgaan. Elke balon het ‘n boodksap van bemoediging aan. Dit val op plase en plekke en mense bel hulle met die mees amazing getuienisse. Maar dis nie al nie, mense het R40 betaal vir ‘n balon. Sy oorhandig aan ons ‘n koevertjie met geld in vir die mense in Mosambiek. Dit maak my hart broos. ‘n Ware engel.
Dit laat my dink. Oor Jesus wat gesê het ons moet ander mense altyd hoër ag as onsself. En dat elkeen wat ek elke dag ontmoet eintlik Jesus is…
More ry ons Bloemhof toe…
So mooi. 😴
LikeLike
Sjoe julle is vir ons n inspirasie !So lekker om te hoor van sulke wonderlike mense op julle pad !Stertkte vorentoe -ons bid vir julle !
LikeLike
Baie Sterkte Henri! Bid julle veilige myle toe 🙏!
LikeLike
Hi aan jul spannetjie, in die gees is ons saam met julle. Groete daar.Johan & Annetjie
LikeLike