Kimberley na Strydenburg. (174 km)

Elke oggend voor ons ry lees ons eers so ‘n bietjie uit die Bybel en bid saam vir die dag wat voorlê. Vanoggend het ons gelees uit Psalm 24. “Die aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan.” Op vandag se roete was ek beïndruk met die pragtige natuurskoon. ‘n Ent uit Kimberley uit was die veld baie mooi, maar toe begin dit droog te raak. Diep droog…

Ons staan langs die pad by een van daardie sement tafeltjies met die afdakkie en koffie drink. Toe daar iemand by ons stop. Ek dag nog by myself o jinne wat het ek nou weer gesondig. Toe kom groet die man en vrou ons baie vriendelik. Hy stel hom voor as Marais. Ons het net so ‘n rukkie gesels toe kom ek agter hy is die dominee op Strydenburg. Die mense kry swaar sê hy. Die dorp ontvolk. Die wêreld is droog. Kan ons hulle nie help om hulle vleis te verkoop nie vra hy. Hulle maak alles hier en dan kom verkoop hulle dit op Mosselbaai. Ek sê sommer dadelik, ja dit klink na ‘n uitstekende idee (nie dat die besluit alleen by my lê nie).

En toe kom ons op Strydenburg aan. Ons bly by mense aan huis, maar hulle is nie hier nie. Hulle is weg vir besigheid, maar hulle het hulle hele huis net so vir ons gelos, vol kos en gasvryheid.

Vir eers kon ons nie stort nie. Die water kom eers 5 uur aan sê die kerkkantoor tannie vir ons. Dis maar hoe dit hier is, sê sy.

En ek besef hoe goed ons Vader vir ons is. Ek kla partymaal met die witbrood onder die arm. Maar ek kan jou een ding vertel, ons het miskien die see, maar hierdie mense het die Bo-Karoo. Dit laat my so baie aan die Kalahari dink. Dit is besonders. Ons Vader het dit gemaak. Vader stuur asseblief vir die mense reën.

More ry ons Victoria Wes toe…

Author: Henri Meyer (vdm)

Ek is 'n doodgewone outjie in Mosselbaai wat die Here wil dien met my lewe...

2 thoughts on “Kimberley na Strydenburg. (174 km)”

  1. Henri en span,Ons kamp en toer hier in Namakwaland en ons het hier ook diep onder die indruk gekom van die verskriklike droogte. Ons besef maar net weereens ons afhanklikheid van God en dat ons moet bid (en doen) vir hierdie mense.Gister staan ek so tussen die blomme hier op ʼn plaas buite Nieuwoudtville en die Here se woorde ” wees stil en weet, ek is die Heer . . . . ” kom by my op. Iewers in die nag word ons wakker van die sagte reën (en nou nog) wat val.  Dan besef ek maar opnuut, die Here leef en Hy sorg.Ons bid vir julle op die pad en dat alles goed sal afloop.Groete daarJohan en Annetjie

    Like

Leave a Reply to Henri Meyer (vdm) Cancel reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s