Strydenburg na Victoria Wes (180 km)

Wind. As ek vandag met een woord kan opsom sal dit wind wees. Die wind het vir 180 km van voor af gewaai. Dit was rof. Toe ons in Victoria Wes inry was daar so ‘n sterk wind van die kant af dat dit my amper van my fiets afgewaai het. Maar ons het dit gemaak.

Die feit dat dit tough was het my nogal laat dink. Dit het my laat dink aan die mense in Mosambiek. Mense wat alles verloor het in die vloed. Hulle kon nie plant nie as gevolg van die vloede. Hulle het nie kos nie. Ons doen mos hierdie om geld in te samel vir hulle. Wat is ‘n bietjie wind.

Verder het ons deur die allerverskriklikste droë dele gery. Victoria Wes is baie droog. Ek weet nie hoe kan iets hier leef nie. Die winde het ‘n bietjie reën gebring. Wat is ‘n bietjie wind op ‘n fiets nou. In Strydenburg is die water eers 5 uur die middag aangesit.

Daar is niks soos bietjie swaarkry om mens se lewe weer in perspektief te plaas nie. Ek het so baie om voor dankbaar te wees. Vader baie dankie dat U so goed vir my sorg. Dit is net genade. Wys my waar en hoe ek kan help om u kinders wat honger is en swaar kry met die droogte te help.

Romeine 5:3–5 (AFR1983): Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het.

Author: Henri Meyer (vdm)

Ek is 'n doodgewone outjie in Mosselbaai wat die Here wil dien met my lewe...

2 thoughts on “Strydenburg na Victoria Wes (180 km)”

  1. Victoria Wes…… My pa het van Carnarvon af gekom. Ons het elke Desember daar gaan kuier. Was maar altyd droog em baie wind. Selfs uit die trein…het ons gedien hoe die tolbosse waai. Sterkte verder

    Like

Leave a comment