Felix Culpa

Ek lees in een van Eugene Peterson se boeke van Felix Culpa.  Dit is ‘n Latynse woord, dit beteken “O happy sin!”.  Meeste mense dink ‘n belydenis van sonde is ‘n negatiewe ding.  Jy moet op die grond rondkruip soos ‘n wurm en vir jou sonde boet dink mense.  Maar nie as dit by die evangelie kom nie.  As dit gaan oor God se goeie nuus dan is selfs belydenis van sonde “goeie nuus.”  “Wat?  Is jy ernstig?” Ja, ek is…

Dawid het ‘n verskriklike ding gedoen oor sy obsessie met Batseba.  Op die ou end was dit ‘n seks-moord skandaal.  En toe kom die profeet Natan na hom toe met ‘n prekie.  Natan wat eintlik soos Dawid se dominee is sê Eugene Peterson; vertel vir Dawid van ‘n man wat ‘n lammatjie gehad het.  Die lammetjie was die man se alles.  Die lammetjie het selfs van sy tafel af geëet.  En toe kom daar ‘n ryk ou.  Hy het vleis nodig gehad vir ‘n fees of iets.  Toe vat hy sommer net so die arm man se enigste lammetjie slag hom en eet hom op.  “Wat!?” sê Dawid.  “Daardie ou moet dadelik doodgemaak word en hy moet viervoudig vergoed.” Natan sê toe vir Dawid:  “Jy is die man!”  Dawid reageer deur te sê; hy weet; hy het teen die Here gesondig.  “Ek het gesondig teen die Here.” (2 Samuel 12:13)

Net daar begin daar toe ‘n proses van genesing vir Dawid.  Die gevolge van sy sonde het hy gedra.  Die baba wat Batseba in die lewe gebring het, het gesterf.  Maar Dawid se sonde belydenis het hom teruggebring na God toe.  Hy het weer die Dawid van Psalm 23 geword.

Peterson sê:  “So we’re trained to become sin-watchers, after the analogy of bird-watchers we go looking for sin with a certain sense of anticipation and delight, for each discovery of sin brings us to the brink of grace.”

Author: Henri Meyer (vdm)

Ek is 'n doodgewone outjie in Mosselbaai wat die Here wil dien met my lewe...

One thought on “Felix Culpa”

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: