Wat is jou doel op aarde…

Dit is weer daardie tyd van die jaar.  Dit is tyd dat jongmense Belydenis van hulle geloof moet doen.  Ek vat dit nogal ernstig .  Of eerder ek wil nogal hê hulle moet.  Want sien, toe ek Belydenis afgelê het, het ek nie eintlik geweet wat ek gedoen het nie.  Ek het maar net deur die motions gegaan.  Die jongmense moet voor die gemeente gaan staan en in ‘n kort toespraak sê hoekom hulle in God glo.

Maar hierdie jaar is special.  My middel kind is in die klas.  Ek voel dit aan my lyf.  Druk ons nie die kinders te hard nie.  Is hulle nie te jonk vir die goed nie?

Kom ek vat dit terug na die begin.  Die vraag is: “Wat is jou doel op aarde?”  Wat maak jy hier?  Ek wil so graag hê die jongmense moet dit verstaan.  God het ons mos gemaak.  God het hulle gemaak.  Met ‘n doel . Dis soos ‘n skroewedraaier, dit is gemaak om skroewe vas te draai.  Nou hoekom het God ons dan gemaak?

God het ons gemaak om ‘n verhouding met Hom te hê.  Hy het ons gemaak om ‘n verhouding met ons te hê.  Hy het ons gemaak om ‘n verhouding met mekaar te hê.  Hy het ons gemaak om ‘n verhouding met die natuur te hê.  Ek besef heeltemal dat dit om baie meer as dit gaan.  Dit is oorvereenvoudig.  Maar, is verhouding nie die bottom line nie?  God is liefde.

Omdat God liefde is, is keuse so belangrik.  Jy kan nie liefhê sonder keuse nie.  Dan is dit narsisme of ‘n verkragting van liefde.  Ons is vry, vry om te kies.  Dis presies hier waar die Belydenis van geloof tradisie inkom.  As jou eerste keuse is om ‘n verhouding met God te hê, dan sal al die ander keuses daaruit vloei.  Wat jy eendag gaan word, met wie jy gaan trou, wie jou vriende gaan wees.  Alles wat jy gaan doen.  Dan is om te lewe vir jou Christus en om te sterwe vir jou ‘n wins.

So ja shure dit is jonk om so ‘n besluit te neem.  Maar die belangrikste besluite in jou lewe word geneem as jy jonk is.  Is dit nie belangrik om jou grootste besluit oor hoekom jy hier is, jou doel op aarde; eerste te neem nie..?  in dieselfde asem wil ek sê: dat geen jongmens gedwing word om hierdie besluit te neem nie.  As ek my Vader se wil reg vestaan, moet elkeen die vryheid hê om self te kies.

1 Johannes 4:16 (AFR1983) . 16En ons ken die liefde wat God vir ons het, en ons glo daarin. God is liefde; wie in die liefde bly, bly in God en God bly in hom.

Author: Henri Meyer (vdm)

Ek is 'n doodgewone outjie in Mosselbaai wat die Here wil dien met my lewe...

One thought on “Wat is jou doel op aarde…”

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: