Immanuel…

Toe ek in die Laerskool was, was daar ‘n outjie in ons klas wie se naam Immanuel was.  Sy pa het die groentewinkel gehad.  On het saam kleilat gespeel met die turf klei van die Apiesrivier.  Dit was goeie tye.  Ons het hom sommer “Manny” for short genoem…

Ek is besig om voor te berei vir die Aanddiens.  Ek lees iets op die Internet raak oor Immanuel.  Dit beteken mos “God met ons.”  Dit maak my baie opgewonde.  God is met ons.  Nie vêr weg nie.  Hy is hier, tussen ons.

Kyk wat sê Lukas 17:21 (AFR1983) . 21Hulle sal nie kan sê: ‘Kyk, hier is dit!’ of: ‘Daar is dit!’ nie, want die koninkryk van God is hier by julle.”

Dis Kersfees.  Jesus kom aarde toe.  Die engel sê sy ma moet Hom Immanuel noem.  Daar is baie in ‘n naam hoor.  Vir my is dit altyd so snaaks dat Badseba die vrou was wat gebad het. Bolt is die van van die vinnigste ou op aarde.  Player is die van van ‘n groot Gholfspeler.  Immanuel is die naam van my God.

Waar moet ek vir God gaan soek?  Waar moet ek sy Koninkryk vind.  Hier by my, hier tussen ons.  Oral.  Maar jy sien God roep my ook om teenwoordig te wees.  God is in Kersfees.

Hy sê vir my.  Gaan wees jy ook teenwoordig soos ek in die wêreld.  Gaan wees lief vir die mense.  Vir die natuur.  Luister na almal.  Luister!  Staan stil by mense en hoor hulle.  Bêre bietjie jou foon.  Kyk iemand in die oë.  Hoor hulle blydskap.  Hoor mense se pyn.  Dit is waarvoor Immanuel my roep…

Author: Henri Meyer (vdm)

Ek is 'n doodgewone outjie in Mosselbaai wat die Here wil dien met my lewe...

3 thoughts on “Immanuel…”

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: