Vreugde en Hartseer…

Sondag aand is dit Kerssangdiens in ons gemeente hier in Mosselbaai.  Ek moet oor vreugde praat.  Kersfees is mos ‘n tyd van Blydsakap…  Maar ek is nie baie bly oor Kersfees die jaar nie.  Ek sien sogal op daarna.  Ek gaan nie saam met my geliefde suster aan tafel kan sit nie.  Die monster van die dood het haar uit my midde kom ruk.  My Skoonpa gaan ook nie daar wees nie.  My arme vrou!  Die monster het ons hard geslaan die jaar.

Nou wat nou?  Wel ek kom toe agter ek is nie alleen in my emosie nie.  Kersfees is vir baie mense ‘n hartseer en bitter harde tyd.

Henri Nouwen se woorde het my baie gehelp.  Hy het my na die woord gewys wat die heeltyd sê en wys.  Hartseer en Vreugde loop hand aan hand.  Jy kan nie die een sonder die ander een hê nie.  Hier is Nouwen se woorde deur myself vertaal:

Blydskap en hartseer is nooit apart nie. Dit word nooit geskei nie.  As ons harte bokspring van vreugde oor ’n ongelooflike uitsig, mis ons ons vriende en geliefdes met wie ons dit nie kan deel nie.  As ons oorweldig word deur hartseer vind ons miskien uit wat ware vriendskap is. 

Blydskap is verborge in Hartseer  en Hartseer is verborge in Blydskap.  As ons hartseer ten alle koste wil vermy, sal ons miskien nooit blydskap beleef nie.  En as ons oor ons ekstase ongemaklik voel, sal ware rou ons nooit bereik nie.

Blydskap en hartseer is die ouers van ons geestelike lewe. 

Jesus se geboorte loop saam met groot ellende en swaarkry.  ‘n Swanger maagd.  Nog net verloof.  ‘n Bang Josef wat wou weghardloop.  Groot armoede as die Koning in diere se kosbak moet slaap.  ‘n Donkie – nie ‘n ruiter op ‘n wit perd nie. Maar die Blydskap van geboorte is geweldig.

Dit is Jesus se hele lewe.  Blydskap in Hartseer.

Jy sien blydskap is ‘n keuse.  Twee ouens beleef dieselfde ongeluk.  Een word bitter oor dit en die ander een sien die Hoop en Seën raak.

Hierdie Kersfees wil ek blydskap kies.  Dankie my Vader.  Dankie dat my liewe skoonpa en my liefste suster; hierdie Kersfees by U in die hemel gaan vier.  Wow dit moet amazing wees.  En ek gaan hulle mis!  Maar ek gaan oor hulle lewe, hulle legacy praat.  Ek gaan kies vir vreugde!

Kyk net hoe mooi is die woorde in Romeine 8 uit die Nuwe Testament vir kinders:

Ons het nou deel aan Christus se reuse oorwinning, al kry ons swaar. Hy het ons baie lief. Niks wat met ons gebeur, kan maak dat God ons nie meer liefhet nie. Nie eens die dood nie! Ook nie iets anders in hierdie lewe nie. Bose magte kan ons nie uit sy hand ruk nie. Ook nie slegte dinge wat met ons gebeur nie. God is by ons. Niks kan ons van God se liefde skei nie. Hy het vir ons gewys hoe lief Hy ons het toe ons Here, Christus Jesus, in ons plek gesterf het.

Joubert, S. (1999). Die Nuwe Testament vir kinders in ’n taal wat hulle verstaan (Ro 8:39). Vanderbijlpark: Carpe Diem.

Author: Henri Meyer (vdm)

Ek is 'n doodgewone outjie in Mosselbaai wat die Here wil dien met my lewe...

One thought on “Vreugde en Hartseer…”

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: